DS
Deon S

1 reviews | Active since Feb 2018

04 Nov 2022, 08:56

VIRSEKER is TOPS, sien jou nie net as nog 'n eis nommer nie

Ons het Maart 2021 vir ons seun van 12 'n PSP4 gekoop. Soos almal weet, dit is maar 'n baie duur geskenk en het hy hom ook soos goud opgepas. 22 Oktober 2022 het ons loadshedding van 10 tot 12. 12 uur probeer hy sy playstation aansit. NIks. Hy wil nie aansit nie. Ons se wag net so rukkie en probeer dan weer, na 'n uur steeds niks. Sy hart was baie seer! Ons bel Virseker Maandag oggend 24 Oktober 2022. Ons word begroet met 'n vriendelike man wat ons vinnig van hulp is. Hy verduidelik die eis proses en dat ons die playstation net moet instuur, hulle sal kyk of hy reggemaak kan word. Ons seun kry sy playstation mooi reg. Alles mooi netjies in sy boks en die playstation word afgehaal. Sy hart maar baie seer, maar dankbaar dat reggemaak kan word. Virseker hou ons op hoogte en Maandag 31 Oktober laat weet hulle die playstation kan nie reg gemaak word nie, maar hulle soek vir ons 'n nuwe een. Seun se hart stukkend want behalwe was dit 'n verjaarsdag persent is dit ook een van sy favourite items. Dinsdag s***el Virseker, hulle kry nie 'n PSP4 nie hulle sal hom vervang met die PSP5. Ons moet slegs 'n groter bybetaling maak. Ons seun gebruik van sy eie sakgeld om te help betaal aan die bybetaling. 4 November 2022 word die PSP5 afgelaai. BAIE DANKIE aan Virseker dat julle nie ons eis gesien het as net nog 'n eis of ons behandel het as net nog 'n nommer nie. Julle het ook begrip gehad vir 'n jong seun wat se hart stukkend was. Ons is werklik dankbaar vir julle diens. Ons beveel julle VIR SEKER aan!

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply04 Nov 2022, 08:57
Official
Hi Deon,

Baie dankie dat jy die tyd geneem het om jou diens ervaring met ons te deel.

Dis altyd wonderlik om positiewe terugvoering te ontvang. 

Vriendelike Groete
Die Virseker Span