1 reviews | Active since Sept 2012
VIRSEKER die slegste diens ooit
<p>Ek is nou al heeltemal raadop met hierdie lastige maatskappy. Ek was nou al die laaste maand met 5 vers****ende mense op die foon waarvan nie EEN oproep suksesvol was nie. Ek het laasjaar Oktober my versekering gekanselleer waarop ek DUIDELIK gemaak het dat die rede was dat ek die kar verkoop het. Die persoon het nagelaat om my opknapper versekering ook te kanselleer (waarom dit vir hom/haar sin maak dat ek die opknapper versekering sal wil behou op 'n kar wat ek nie meer het nie, sal niemand kan se nie). Die premie is redelik klein so ek het nie agtergekom dit gaan nog elke maand af tot ek eendag moeite gaan doen om te kyk nie. Ek het dadelik gebel en gevra hul moet dit stop. Ek voel ook dat dit net regverdig sou wees om al die betaalde premies terug te ontvang aangesien ek DUIDELIK gemaak het dat ek die kar verkoop het. Maar nie net weier hulle om die premies terug te betaal nie, hulle gaan VOORT om die premies af te trek. Vir 'n maatskappy wat Afrikaans probeer bevorder is dit bitter sleg aangesien NIEMAND KLAARBLYKLIK AFRIKAANS VERSTAAN NIE.</p>
Ons erken ontvangs van jou klagte.
Ons is besig om jou klagte te ondersoek, soos deur Dorothy bevestig sal ons jou gedurende die verloop van die dag met jou in ****ak wees om finale terugvoer te gee.
Groete,
Die Virseker Span.

Terugvoer:
Ons bevestig dat ons steeds besig is met jou klagte. Dankie dat jy vertaan.
Groete,
Die Virseker Span.
Terugvoer:
Ons bevestig dat ons steeds besig is met jou klagte. Dankie dat jy vertaan.
Groete,
Die Virseker Span.
Finale terugvoer:
Ons bevestig dat die administrasie fooi nie in tyd gestop was toe die kanselasie versoek aan ons deur gegee was nie.
Ons het die fooi terugbetaal aan jou, die fondse sal binne n tydperk van drie werksdae in jou rekeking verkyn. .
Baie dankie dat jy verstaan, en jammer vir die ongerief.
Geniet die res van jou dag.
Vriendelike groete,