jO
jannie O

1 reviews | Active since Jul 2010

02 Nov 2015, 15:04

VIRSEKER die beste!

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om vir Elmare Jafta te bedank vir die uitstekende diens wat ek van haar af ontvang het. Hierdie is die eerste keer dat ek `n eis indien omrede ek vir baie jare ongelukvry was. Ek het onlangs geskuif vanaf MiWay na Virseker. Dit is regtig baie jammer dat ek as `n nuwe polishouer nou `n eis moes indien, maar julle het my beslis gewen vir baie jare. Ek sal twee maal dink voor ek sommer weer na `n ander versekeringsmaatskappy skuif. Julle is waarlik tops! Dankie ook aan Rakiba wat ook bereid was om te help waar sy kon.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply01 Dec 2015, 09:41
Official
Hello jannieoli4,

Jy is meer as welkom en dit is vir ons net 'n plesier om van hulp te kan wees.

Ons is jammer om van jou insident te hoor, maar terselfdertyd baie bly dat niemand ernstig beseer was nie.

Baie dankie dat jy jou ondervinding met ons deel, dit sal vir ons 'n plesier wees om jou kompliment aan Elmare en Rabeeka oor te dra.

Ons sien daarna uit om van hulp in die toekoms te kan wees, en dat jy vir baie jare deel van ons Virseker families al wees.

Geniet die res van jou dag
Vriendelike groete,
Die Virseker Span