CS
Carel S

1 reviews | Active since Feb 2014

27 Mar 2019, 15:24

Virseker - bly ver weg!! Swakste ooit!

My motorhuis/werkswinkel se dak het op 19Feb terwyl ek weg was inmekaar gestort en n klomp van my gereedskap beskadig. Die assessor het n paar foto's geneem en gesê ek kan opruim. Na verskeie keer wat EK moes bel word aan my gesê die eis word nie betaal nie want die dak moes verkeerd gebou gewees het omdat ek nie aan hulle n bouplan kan verskaf nie! Ek wys hulle daarop dat dit onmoontlik is die dak staan al 18jaar. Toe kry ek n email dat dit agv agteruitgang moes wees so hulle weier om te betaal! Hulle dakspesialis se aan my dat hy nie kan sien wat die oorsaak was nie want alles is opgeruim maar vandag 5 weke later laat weet hulle my hulle voel die dak het om n nie versekerde rede ingestort so hulle gaan ook nie die beskadigde inhoud betaal nie! Volgens die dame wys een van die foto's van al die gebreekte balke n balk wat op n kwas in die hout gebreek het en hulle vermoed dit kon dalk dit wees! Dit terwyl al die balle gebreek op die grond lê! Mense bly weg van Virseker - ons Afrikaners het nie nodig om nog boonop skaamteloos deur ons eie mense ingedoen te word nie.

0
Replies (2)
Virseker
Virseker's reply27 Mar 2019, 15:30
Official
Dankie vir jou terugvoer.

Ons sal in ****ak wees om die aangeleentheid te bespreek.

Groete,

Die Virseker Span.
Virseker
Virseker's reply30 Apr 2019, 12:53
Official
Dankie vir u geduld terwyl ons die saak heroorweeg het.

Soos bespreek, n e-pos met besonderhede van die uitkoms van u dispuut is aan u gestuur.

Groete,

Die Virseker Span