TP
Theunis P

1 reviews | Active since Jul 2015

31 Jan 2023, 14:58

Virseker - 25% premie verhooging.

Virseker, julle pas darem glad nie julle huidige kliente op nie. 'n 25% verhooging in my premie na n jaar by julle. Geen eise of enige iets aan my kant nie, my profiel het presies dieselfde gebly en julle maak dit 25% meer. Dis net malligheid van julle kant af. Na ek bel om n verduideliking te kry en met 2 van die bestuur span gepraat het naamlik Stefanie en Alwyn. Stefanie het gese sy bel my terug, dit het nooit gebeur nie, toe bel die konsultant my en ek vra toe weer om met n bestuurspan te praat, dis waar Alwyn inval, baie ongeskik en gee geen antwoorde nie.

My premie is nou wel af na 18% toe, maar hoekom dit eers 25% maak en dan afbring 18% toe? En dit is nogsteeds soveel meer as inflasie.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply31 Jan 2023, 15:18
Official
Goiee dag Mnr T du Preez ons is jammer om van u ongelukkigheid te hoor en sal dit na ons span verwys.

Groete, Die Virseker Span