fF
fouriechrista F

1 reviews | Active since Feb 2017

14 Feb 2017, 18:22

Verseker by Virseker en wees Verseker vir baie Ongeluk.

Eerstens wil ek weet, Hoekom het mens Versekering? Hoekom het mens Huisinhoud Versekering? Om mens se geld ek maand te mors of om jou geld elke maand weg te gooi? Well op die omblik klink dit vir my soos albei... Hoekom word jou paaiment elke maand stiplik gevat? Maar wanner dit kom by jou, en jou eis is daar geen tyd? Hoekom moet mense baklei vir jou eie goed en jou geld? Op so punt dat dit al voel jy steel van jouself.

Op 28 Jan het 'n pyp onder die gaste badkamer se wasbak gebars. Ons was nie tuis toe die pyp bars nie, ons het eers die aand na 11 tuis gekom. Met ons aan koms, het die water al onder die garage en voor duur uit geloop. Die HELE huis was onder water. Ons het baie skade gelei op ons electriese goed en meubels. Ekt die Sondag Virseker gebel (nie gewwet hulle nie oop op Sondae nie) het aanlyn gegaan en gevra iemand moet my die terug bel die Maandag, wag nodsteeds vir daai oproep. Het toe maar self gebel.

Die Donderdag het die Allsure mense daar aan gekom en die skade kom kyk en die goed wat skade gekry het gelaai. Ek wys hulle die sitkamer stel en bed se buis het na geword, sy laat dit om draai en sê die banke se ysters en stiplers roes nie en die buis se stiplers ook nie, so dit het nie water gekry nie. En sy sê, maar sy kan die goed laai, maar as sy dit gaan laai, gaan dit lyk ons jaag geld (nou as ek geld wou jaag, het ek my kind se mattras en die kussings om die mattras en my hout wasgoed mandtjie ook geclaim, vir hulle gesê hulle moet my eet kamerstel en bed kassues vat en gaan afskeer en reg maak, maar ek het nie, want ons kan dit self reg maak en ons kan die klein goedtjies met tyd vervang met tyd), die seerste woorde wst iemand jou kan sê. Los dit toe daar en bel my Versekering weer daai middag en hulle stuur toe daai Dinsdag iemand uit. Vrou is daaf weg met fotos. Ons wag nogsteeds.

Niemand van Virseker doen moeite om jou te s***el oor hoe ver die eis is en vordering van die eis nie, jy moet bel. Mens kry net SMSsewat sê ons bel en niemand doen nie.

Vandag bel ek weer om te hoor hoe ver is als. Om te hoor, hulle glo nie hulle gaan die laptop (word onder incomputer kad gebere, want ons gebruik hom nie) uit betaal nie. Lyk of daar net 'n fuse gebrand het en die laptop volgens hulle is 14 jaar plus oud. Nou as ek my some maak is hy maar nou 10 jaar oud. Want my Pa het hom vir ons gekoop in 2007 yoe ons homeschooling begin het. Nou ek betaal elke maand vir hom omverseker te wees, masr nou om te hoor hy is oud!

Ons is nou 3 jasr getroud, ons het ons gatte af gewerk om ons goed te koop, pas ons goed op. Maar nou moet ek met skade lewe, want daar word heeltyd verskoning gemaak.

Dit voel al waar teen ek my Verseker het is hartseer, ongeluk en 'n kopseer.

Al wat ons vra is betaal ons skade en hou op verskoning soek. Na 2 weke is NOG niks afgehandel nie en dawr word nog vir verslae gewag. En mense moet hoor, maar Mev verstaan net asb dis 'ngroot claim. Ek verstaan dit, maar hoe lank wil dit neem. En hoelank moet ons nog verstaan.

Ekt bewyse van alle skade op my goed. En my volgende stap is nou maar die ombudsmaj.

0
Replies (4)
Virseker
Virseker's reply15 Feb 2017, 07:48
Official

Ons erken ontvangs van jou klagte.

Ons is besig om die klagte te ondersoek. Een van ons verteenwoordigers sal binne kort met jou in ****ak wees.

Groete,
Die Virseker Span.

fF
fouriechrista F's update16 Feb 2017, 11:38
Reviewer Update

Eersten het NIEMAND nog weer terug gekom na my toe.

Nou wil ek weet waarteen Verseker 'n mens jouself by VIRSEKER??? Want sover beleef ek en my man net ongeluk van julle kant af???

Ek gebel Dinsdag en was vir my gesê daar word nog vir verslae gewag. Nou wil ek weet WATSE VERSLAE WAG JULLE NOG VOOR????

Ekt nou die mense van Allsure gebel en hulle sê hulle verslae is al gestuur aan Virseker.

Welma sinne is gestuur op die 4de Feb en

Lizette of so iets se ver**** is op die 7de Feb gestuur?

So verduidelik NOU vir my waarvoor wag julle?

Dan t****ens, toe daai IMB laptop uit my huis verwyder was, was hy in 'n werkende toestand. Ons het hom nog begin Dec aan gesit om al ons persoonlike goed te verwyder, want ons wou hom verkoop, maar het toe teen dit besluit en besluit ons gaan hom vir ons seuntjie (22maande oud) hou vir hom wanneer hy grotter is. Nou vandag bring 'n ou van Krugersdorp die laptop vir my man en sê hy is reg hulle tel niks fout op nie en hy moet net hier teken en dan kan hy die laptop kry. So my man besluit to hulle gaan eers die laptop aan sit en kyk of hy werk (okay ja hy kom aan maar die skerm bly af), nou vra ek julle, die laptop wat uit my huis verwyder was, HET GEWERK VOOR DIE HELE WATER STORIE en BY DIE PLEK WAT HOM GETOETS HET, maar nou dat ons hom aan sit kom niks aan nie, nou hoe verduidelik mens dit.

My goed het skade gekry gaan julle gelukig wees as julle in my skoene was en weet hoe het jou huis gelyk daai aand van die 28ste en jy sien die skade wat jou goed gekry het, maar jy moet heeltyd stories hoor en hoor maar julle wag nog vir dit en julle wag nog vir dat?

So my volgende stap in nou maar Onbudsman. Daar word geen ander keuse aan my gegee nie.

Glo my vry ek sal NOOIT NIEMAND na julle toe verwys nie. Voor die hele storie het ek so gebrag van my versekering wat so vriendelik is en my kan help in my taal. Maar as dit eindelik op die ou einde van die dag kom waar mens 'n eis moet in dien, kry jy alles behalwe wat jy jou self voor verseker het. En dit is een groot KOPSEER.

So ja ek is VERSEKER by VIRSEKER maar net VERSEKER VIR BAIE ONGELUK EN KOPSEER.

Virseker
Virseker's reply16 Feb 2017, 12:47
Official

Terugvoer:

Soos met ons verteenwoordiger bespreek - ons is tans besig om jou klagte te ondersoek sodat ons sal jou voorsien van terugvoer so gou as moontlik.

Groete,

Die Virseker Span.

fF
fouriechrista F's update24 Mar 2017, 17:11
Reviewer Update

Na amper 2 maande begin ons banke nou ingee en trek sommer skeef ook. Nou wonder ek maar net... Waarvoor was mens nou maar voor verseker. Maar een ding is Verseker ek gaan dit nie hier los nie en gaan nou maar die pad Ombudsman toe. Glad geen plesier of enige gemoeds rus vir die toekoms by julle nie.