MK
Mev. Kruger

1 reviews | Active since Jul 2023

28 Jul 2023, 18:08

Verseker ?

Ek het met n agent van Verseker gepraat. Hy was baie hoflik alhoewel ek hom bietjie gebom het oor die Engels. Ek het nie n kwotasie van Verseker aanvaar nie aangesien ek n beter een by n ander een gekry het. Niks persoonlik nie. As pensioenaris moet ek na my sak kyk. Ek het ook agtergekom dat versekerings na die tyd bereid is om te onderhandel. As hulle 2maande later vir jou n beter premie kan aanbied, hoekom dit nie in die eerste instansie doen nie. Dit is waarom ek die ander een aanvaar het. Die agent het onmiddellik vir my n goeie "deal" gegee en ek het nie nodig gehad om te knibbel nie. Hy het ook dadelik vir my n afskrif gestuur sodat ek kon sien waarvoor ek my inlaat en my seun kon dit ook deurgaan en ons was altwee tevrede. Wil net vir Verseker sê: kyk na n potensiële kliënt se finansies en hanteer hom in die taal van sy keuse.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply28 Jul 2023, 18:12
Official
Goeie dag Mev Kruger. Ons waardeer u positiewe terugvoer

Vriendelike groete,

DieVirseker span