RV
Ruanda V

1 reviews | Active since Oct 2013

24 Aug 2020, 09:47

VAT GELD SOOS HUL LUS HET

Ek is so ongelukkig, verlede maand het ek perongeluk vergeet om geld oor te betaal in 'n rekening sodat my debiet order kon deur gaan. Ek het dadelik die geld oorbetaal en die volgende dag met die sms opsie 1 gekies vir die debiet order om dadelik af te gaan . Na die debiet order afgegaan het , het ek steeds boodskappe gekry wat se ek is nie gedek vir die maand nie, ek het gebel om dit reg te stel waarvan hul gesê het dit is reg gestel. Op die 20 ste kry ek 5 uur die middag 'n sms om te sê hulle gaan 3 dae voor die debiet order moet afgaan die maand se paaiement verhaar. Ek bel virseker toe dadelik en verduidelik dat dit nie kan gebeur nie ek het dan nog nie salaris gekry nie die konsultant verseker my dat hy 'n email deur gestuur het om dit dadelik te stop. Die volgende oggend gaan daardie deboet order af 21/08/2020 ( die oorspronklike dag moet die 26 ste van elke maand wees) dit vat my laaste geld wat ek het om my kinders by die skool vir die week wat kom te kry. Ek maak die hele dag oproepe om daardie geld te reverse ek het dit nodig dis bloedgeld . Die konsultant verseker my weereens dat dit reggestel is en dat die geld terug in my bank sal wees. Daardie geld is nooit terug in my bank nie. Ek moet geld leen by familie om petrol te kry vir my kinders skool toe. MY PUNT IS, EK HET NOG NOOIT NIE MY VERSEKERING BETAAL NIE, DIT WAS EEN FOUT EEN MAAND WAT DIE VOLGENDE DAG REG GESTEL WAS...EN NOU DOEN VIRSEKER DIT, MAAK MY LEWE MOEILIK ONNODIG. HULLE KAN NIE 3 DAE VOOR PAY DAY GELD VAN MY REKENING VAT NIE, DIE DEBIET ORDER IS VIR DIE 26STE VAN ELKE MAAND. EK WIL ASB MY VERSEKERING KANSELLEER. DIE VERSEKERING BESPREEK NIKS EN DOEN SOOS HULLE LUS HET. DIT IS BAIE SWAK

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply24 Aug 2020, 10:52
Official
Hi Ruanda, 

Ons is baie jammer om te hoor van jou teëspoed. Ons reël dat ‘n Virseker konsultant so spoedig as moontlik met jou ****ak maak.

Vriendelike groete
Die Virseker-span