1 reviews | Active since Jul 2017
Van bakboord na stuurboord oor "alternatiewe" onderdele wat gebruik is
My man was betrokke in 'n motorongeluk op 17 Januarie. Virseker se reaksie en die insleepdiens (Precision Towing) was baie goed. Die assessor (Telesure Investment Holdings) het vinnig 'n besluit gemaak en die Ford Ranger is na 'n paneelklopper (Precision AutoSpray) gestuur vir herstel, Op 1 Februarie is onderdele bestel en hier stop die goeie ervaring.
Op 19 Feb, toe ons uiteindelik terugvoer van die paneelkloppers kon kry na meerdere pogings, is ons meegedeel dat die onderdele bekom is en dat herstelwerk kan begin. Op navraag is bevestig dat nie alle onderdele Ford onderdele sal wees nie, maar dat "alternatiewe" parte gebruik sal word in sekere gevalle. Op 'n vraag oor wie besluit het om nie Ford onderdele te gebruik nie het die paneelkloppers ons na Virseker verwys. Virseker het aangedui ons moet met die assessor praat en die assessor het, na ons moes opvolg en agter hulle aanbel ons weer na Virseker verwys en aangedui dat Virseker nie op hulle navraag reageer nie. Geen antwoorde is deur Virseker of hul diensvers******s gegee nie en ons is net van bakboord na stuurboord gestuur. 'n Dispuut is verklaar en die dispuut konsultant (ook van Telesure Investment Holdings, dieselfde maatskappy as die assessor) het onderneem om teen 5 Maart uitsluitsel te gee. Ons het probeer om hom te bel en het 'n e-pos gestuur waar gevra is dat hy ons ****ak, maar al ons pogings is geignoreer. Geen terugvoer is gegee teen 5 Maart nie. Ons is nou 7 weke sonder 'n voertuig met vrae soos "Sou dit so lank gevat het as Ford onderdele, wat maklik bekombaar is by die handelaar, gebruik is?" "Het Virseker alternatiewe parte gemagtig om 'n paar rand te spaar al moet ons weke daarvoor wag?" Ons sal nie weet nie, want daar is geen korrespondensie of terugvoer van Virseker nie.
Ons wou graag Virseker ondersteun oor die studieondersteuning wat hulle voorsien en die diens in Afrikaans, maar sewe weke later, en met sulke swak kommunikasie, twyfel ons nou sterk oor wysheid van die besluit.
Dankie dat u vir ons ge****ak het.
Ons het u klagte ontvang en een van ons konsultante sal u binnekort ****ak om vir u te help.
Groete,
Die Virseker span
Dankie dat u vir ons ge****ak het.
Ons het u klagte ontvang en een van ons konsultante sal u binnekort ****ak om vir u te help.
Groete,
Die Virseker span
