1 reviews | Active since May 2019
Valse inligting soos tussen telefoniese kwotasie en skedule
Ek het by Virseker versekering uitgeneem so jaar terug. Alle termes en voorwaardes is telefonies aan my verduidelik en ek het dit aanvaar. Toe ek hulle s***el om my password te kry op my voertuig se tracker is ek ingelig dat ek nie toegang tot my voertuig se opsporing toestel het nie. Eks telefonies met die termes en voorwaardes ingelig dat ek wel my eie voertuig sal kan monitor.Ek het die konsultant 3 keer op die telefon gevra of ek hom kan monitor en die antwoord was ja. Ek het na dit 4 eposse na Virseker gestuur en bevestig dat ek NIE die termes en voorwaardes aanvaar wat my voertuig aan betref nie aangesien dit wat telefonies aan my deurgegee is en wat dit nou op my skedule is nie dieselfde is nie. Ek het ook dadelik Virseker versoek om die opsporing toestel te kom verwyder met dadelike effek. Nodeloos om te se na al die eposse en al die oproepe het hulle nog niks aan die situasie gedoen nie en nog nooit eers die moeite gedoen om terug te kom na my toe nie. Intussen het ek verskuif van versekeraar met n laer premie en baie minder (red tape) as hulle. Elke maand trek netstar nogsteeds geld by my af omdat virseker n swak diens gelewer het. Die kort en lank is dat Virseker se kwotasies telefonies en wat of op die skedule verskyn glad nie ooreenkom nie en sodra jy die kwotasie telefonies aanvaar het hulle vrede met jou as klient, solank die premie net betaal word glimlag hulle heelpad.
Ons is baie jammer om hiervan te hoor .
Ons het u klagte na ons relevante span verwys om verdere ondersoek in te stel en hulle sal in ****ak wees met u met die uitkoms.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
Ons is baie jammer om hiervan te hoor .
Ons het u klagte na ons relevante span verwys om verdere ondersoek in te stel en hulle sal in ****ak wees met u met die uitkoms.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
