DS
Danita S

1 reviews | Active since Jun 2018

25 Apr 2023, 12:25

Uitstekende Verkoopsman

Ek is ges***el deur Brandon om 'n polis aan my te verkoop. Ek is 'n versekerings assessor en toets gewoontlik die kennis van enige persoon wat polisse aan my wil verkoop. Gewoontlik kom 'n mens agter waar mense reeds die telefoon neergesit het op 'n konsultant, want hulle begin hakkel na 'n sekere gedeelte of hulle rammel alles af wat hulle lees en kan nooit my vrae beantwoord nie. Maar nie Brandon nie. Hy het kennis gehad van sy produk en al het ek die moeilikste vrae gevra om hom op die proef te stel, het hy sonder om te wik en weeg my vrae beantwoord. Hy het goeie stellings gemaak en ook stellings gemaak waarmee ek geen fout kon vind nie. Hy is intoesiasties, het kennis, en meer as dit, hy gee eintlik om vir die klient en het moeite gedoen. Virseker kan dalk werk aan die verlaging van die bybetaling want dit is hoog teen ander versekerings maatskappye, maar ek het die polis uitgeneem omdat Brandon 'n indruk op my gemaak het en nie die produk nie. Well done Brandon en ek hoop jy maak elke klient se dag. Ek weet verseker wat ek aangebied is deur Virseker en daar is geen twyfel in jou verkoopsvernuf nie. 10 uit 10.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply25 Apr 2023, 12:28
Official
Goeie dag Danita. Dankie vir die deel van sulke positiewe terugvoer, ons waardeer dit opreg.

Vriendelike groete,

Die Virseker span