1 reviews | Active since Apr 2022
Uitstekende diens van Virseker tydens die Robertson-vloedramp
Op 12 Mei 2026 het ons huis in Silwerstrand Golf- en Rivierlandgoed, Robertson, tydens die verwoestende vloedramp sowat 'n halwe meter onder water gestaan. Die skade aan ons huisinhoud was omvangryk en die emosionele impak op ons gesin was enorm. In sulke tye leer 'n mens vinnig wie werklik daar is om te help. Ek wil my opregte waardering uitspreek teenoor Virseker en die span betrokke by my eis. Vanaf die eerste ****ak was daar geen onnodige kibbelary, vertraging of soeke na redes om nie uit te betaal nie. Die proses is professioneel, empaties en doelgerig hanteer. Die assesseringsproses is vinnig aan die gang gesit en ek is deurentyd met respek en waardigheid behandel. Wat my die meeste beïndruk het, is dat die finale uitbetaling 'n werklike en billike weerspieëling van die skade was. Die eis is gefinaliseer en wat my in staat stel om met minimum verdere ontwrigting voort te gaan en my huis en lewe weer op koers te kry. Wanneer 'n mens midde-in 'n natuurramp staan en alles rondom jou in chaos verander, beteken professionele ondersteuning ongelooflik baie. Virseker het nie net 'n eis afgehandel nie - hulle het gehelp om stabiliteit en hoop terug te bring in 'n baie moeilike tyd. Baie dankie aan Virseker, asook die assessors en ondersteuningspersoneel wat hierdie proses met integriteit en deernis hanteer het. Ek kan met oortuiging sê dat my ervaring met Virseker gedurende hierdie rampspoedige tydperk uitstaande was.
Baie dankie dat u die tyd geneem het om jou diens ervaring met ons te deel.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
Baie dankie dat u die tyd geneem het om jou diens ervaring met ons te deel.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
