1 reviews | Active since Apr 2014
Uitstekende diens deur Virseker en Ronell die assessor
Ons is nou 'n jaar by Virseker en is absoluut aangenaam verras deur die uitstekende diens wat ons ervaar het. Na ons inbraak was ons bekommerd om te eis (Eerste keer dat ons geeis het vir 'n inbraak en almal het ons gewaarsku dat versekeringsmaatskappye alles in hulle vermoee doen om nie eise uit te betaal nie) Jean en Ronell (die assessor) was absoluut ongelooflik in die diens wat aan ons verskaf is. Toe Ronell na ons huis kom om die inspeksie te doen, het sy meer as 'n uur geneem om alles ten opsigte van ons polis te verduidelik, het skade opgelet wat ons nog nie eers gesien het nie en dit bygevoeg by ons eis, en het ons ongelooflike goeie raad gegee vir ons voertuie wat ons wil byvoeg by ons huisinhouds versekering. Sy was simpatiek met die skok waarin ons verkeer, het werklik belang gestel in ons as kliente en het opgevolg om te terugvoering te gee soos belowe. Ons eis is binne minder as twee weke sedert die inbraak heeltemal uitbetaal sonder enige verskonings. Toe sy by ons was het sy ook ons ingelig dat ons 'n brief gaan ontvang met ons jaarlikse premie verhoging en toe die brief wel kom, was ek voorbereid en heeltemal tevrede met die verhoging in premies aangesien ek dit verstaan het. Virseker kan opreg trots wees op werknemers soos Ronell, ek weet ons as kliente is trots op julle. Mev Nieuwenhuyzen, polis nommer ***
Ons waardeer u positiewe terugvoer
Ons waardeer u positiewe terugvoer
