1 reviews | Active since Apr 2022
Uitsonderlike Verstommende Swak Versekering
My eis as gevolg van insident op 16 April 2021 reflekteer as afgehandel op die Virseker sisteem en ook as ek aanlyn in klok op my profiel.
In Januarie 2022 was ek nog in ****ak met Lezaane Schwatzkopf, my konsultant. In Februarie het ek na vele oproepe verneem Lezaane werk nie meer by julle nie. Sedert Februarie smeek ek en pleit ek weekliks weekliks om met iemand te gesels oor wanneer die eis uitbetaal. Volgens jul sisteem is dit uitbetaal, my goeie aarde! As ek ek vra aan wie is dit betaal dan worde daar elke week sedert Februarie aan my gesê iemand sal my terugs***el, maar niemand s***el terug nie. Sedert Februarie vra ek of iemand anders in Lezaane se plek aangestel is, maar niemand weet wie nie... Verelde week asook Maandag hierdie week het ek met 'n ene Anthony gesels, die het nadat ek begin amper ongeskik geraak het, baie ongekik teruggeraak met my toe ek aandring om te weet wie my sou terugs***el. Uiteindelik kon Anthony 'n naam gee van Elmari McGee (hy het dit vir my gespel) wat my sou terugs***el. Wel, dit is nou al weer byna die einde van die week en steeds geen oproep.
Ek soortvan verby geduldig bly, dit ook nadat julle "preferred panelbeaters" RENEW-IT GREENSTONE parte van Hilux afgesteel het, asook aan my terugbesorg het in 'n lewensgevaarlike toestand. Ek was in ****ak met jul assessor, het die assessor ook persoonlik ontmoet nadat ek my voertuig terug ontvang het.
Ek op die punt om so ver te gaan as om te sê hou die paar sente wat julle moes uitbetaal, ek soek net die gesteelde parte van my Hilux terug. Ek sal my verlies waarde terugkry deur 'n waarheid openbaring op sosiale media, plakkers op Hilux asook via die pers... Ek voel 'n moer of julle regspan my sal wil aanvat of dreig indien ek met my veldtog begin nie. Ek is die enigste ene in my familie wat nie 'n prokureur is nie, selfs getroud met 'n prokureur. So, ek het 'n bodemlose put van regskostes indien VirSeker my openbarings-veldtog sou wou in die wiele ry.....
Ons is baie jammer om te hoor van u diens ervaaring.
Ons erken ontvangs van jou klagte.
U klagte is na ons eise bestuur toe verwys om verder ondersoek in stel en hulle sal in ****ak wees met u om die proses te verduidelik.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span

Weereens is ek nie verbaas nie, nog 'n dag is verby sedert ek hier by u aangeklop het.
Ook weereens was daar geen poging van kommunikasie van Virseker af nie.
5 Goue Sterretjies vir Virseker om seker te maak Virseker ignoreer alle pleite en desperate pogings vanaf 'n kliënt om met sy versekeraar te kommunikeer.
Baie dankie vir u uitsonderlike SWAK diens!