1 reviews | Active since Mar 2021
Uiterse swak Virseker
Om hulle pateties te noem kan geag word as n kompliment vir hulle. Ek het die 18de Feb 2021 n ****gat getref en die 19de het hulle die voertuig kom haal om die skade te assesseer. Na n groot gesukkel en heeltyd bel laat weet hulle my uiteindelik 2weke later op 3 Maart 2021, dat die skade minder is as my bybetalling en ek kan sommer direk met die paneelkloppers werk, die paneelklopper laat weet my 5 Maart 2021 dat daar skade aan die enjin is en ek die versekering moet laat weet en ek laat weet hulle op daardie dag. Die 9de kom die assessor eers terug na my en sê hy moet n ekpert kry om na die voertuig te gaan kyk. Vandag 16 Maart 2021 kry ek terugvoer dat die ekpert nog nie eers na die voertuig gekyk het nie en eers 18 Maart 2021 sal kan gaan kyk. Hierdie is uitters patetiese diens dat mens so moet sukkel om net en eenvoudige eis afgehamdel te kry en hulle konsultante hanteer jou soos n skoolkind as jy hulle aanvat oor hulle swak diens. Nee man Virseker, ek sal my skaam as ek julle was. Hopelik word my eis voor die einde van die jaar afgehandel
Ons erken ontvangs van jou klagte. Een van ons diensverteenwoordigers sal jou terug s***el om jou klagte breedvoerig met jou bespreek. Vriendelike Groete, Die Virseker Span.
Ons erken ontvangs van jou klagte. Een van ons diensverteenwoordigers sal jou terug s***el om jou klagte breedvoerig met jou bespreek. Vriendelike Groete, Die Virseker Span.
