1 reviews | Active since Jan 2018
Uiterse swak diens en kundigheid
Ek het my huisadres verander en Virseker het het my premie verhoog met 55% (ek moet noem, dit was verander na 'n huis met elektriese heinings, omvattende diefwering, alarmstelsels en gereelde patrollies in veilige, gevestigde buurt). Ek kan verstaan dat die huishoudelike inhoud gedeelte kon verander, maar die alle-risiko items het ook byna verdubbel. Toe ek vra dat dit verduidelik word het die kliënte diens dame eenvoudig gesê ek het my "geel huis status" verloor nadat ons getrek het. Sy het my in ****ak gesit met 'n ander dame wat ook gesê het sy kan nie verduidelik hoekom die alle-risiko items opgegaan het met soveel nie. Ek vra toe of my alle-risiko profiel anders is wanneer ek my rekenaar in Kayelitsha gebruik noudat my huisadres anders is? Is ek 'n groter risiko dat my foon uit my sak val noudat ek 'n nuwe adres het? Dit lyk my so.
Die t****e dame het genoem, aangesien ek nou al vir amper 9 jaar 'n klient kan hulle later kyk om dit *dalk* te hersien (maar eers 'n maand later). As dit nie van die begin af reg gedoen kan word nie, kan dit maar gelos word. Dis uiters swak dat sulke drastiese veranderinge sommer so terloops gedoen kan word en niemand wat aan diens is, dit rerig kan staaf nie.
Dit maak die keuse om te skuif besonder maklik - al is dit vir meer geld. Swak diens - in Afrikaans.
Groete Die Virseker Span
Groete Die Virseker Span
