1 reviews | Active since Jun 2016
Uiterse swak diens

Het eis ingedien vir inbraak by ons huis waartydens hulle gelukkig net in die motorhuis kon inkom en `n fiets, en krag gereedskap van my man gesteel het

Die konsultant was baie behulpsaam maar het ons toe meegedeel dat omdat ons nie faktuur van die fiets kan toon nie, hulle nie die fiets sou uitbetaal nie.

ons het die polis deurgelees en gesien dat daar wel staan dat hulle wel "KAN VRA" vir `n bewys van eienaarskap vir sekere items.

Ons het die moeite gedoen om vir hulle fotos van my kind op die fiets te stuur, asook die handleiding ens wat ons ontvang het saam met die fiets, maar volgens hulle is dit nie bewys van eienaarskap nie, om die agent aan te haal, ' kan dit mos maar enige iemand se kind op die fiets wees, hoe weet hulle dat dit ons kind is"!!!!!!!!!!!

ONS HET OOK TELKEMALE DIE POLIS DEURGELEES, EN NERENS IS GEDEFINIEER WAT VOLGENS DIE MAATSKAPPY DAN DIEN AS BEWYS VAN EIENAARSKAP NIE!

Na vele vele telefoniese konsultasies met die konsultant, het hulle ons meegedeel dat hulle nie die fiets sou uitbetaal nie.

Ek het toe weereens die konsultant ges***el en vir hom gevra wat my dan te doen staan vir ander items in ons huis waarvoor ons dan nie meer fakture het nie, of vir goedere wat bv `n geskenk was, en hy kon ons glad nie duidelik antwoord nie, en bv voorgestel dat wanneer my kinders `n duur geskenk ontvang by hulle peetouers of ouma of oupa, ons vir daai persoon `n verklaring moet vra van wat die geskenk gekos het, en dit dan moet bere. !!! Dit is absoluut verregaande en ek sal nooit so laag daal nie, dis ongeskik en ongevraagd om dit te doen wanneer iemand vir jou `n geskenk gee

Ek het toe vir die konsultant gevra om met sy hoof te praat aangesien hy my nie kon antwoord op van die vra nie

Ek het toe vir die volgende persoon verduidelik dat ek verstaan van die fiets wat hulle nie wil uitbetaal nie, maar dat ek nie weer in so strik gaan trap nie, en dat sy asb vir my moet verduidelik hoe ek dan te werk moet gaan om bewys van eienaarskap van die res van ons huis se inhoud te kan kry, sodat ek darem,, wanneer daar weer so iets gebeur, nie weer benadeel kan word nie, aangesien ek die premie betaal vir die dekking van die goed in die huis.

Sy was uiters ongeduldig en ek kon oor die foon hoor hoe sy sug elke keer wanneer ek iets vra

Ek het gevra hoe om bv te maak met antieke meubels soos `n buffet en eetkamer stel wat my man by sy oorlede pa geeerf het, en haar voorstel was dat ek die boedel se dokumentasie moet kry!!! Dis belagli**** Want dis 30 jaar gelede, waar kry mens nou die boedel se dokumentasie?

Vir die goed soos yskas wat ouer as 2 jaar, sal hulle dan die INTREE MODEL uitbetaal

Ek betaal mos die premie vir dit wat die waarde is van die goed wat ek in my huis het!!! Nie vir die intree modelle nie!

Ek het haar toe gevra om asb binne 24 uur vir my `n epos te stuur, en op skrif te verduidelik wat volgens hulle bewys van eieinaarskap is, en ook wat my te doen staan mbt die goed in my huis waarvoor ek nie meer fakture het nie, en sy het gese dat sy dit sal doen.

Dit was Woensdag en vandag is reeds Vrydag, en tot op hede het ek geen verdere terug voer van hulle gekry nie!

SO ONS BETRAAL VERSEKERINGVIR ONS HUISINHOUD, MAAR SAL NET DIT KAN EIS WAT EK FAKTURE VOOR HET????????????

Dis regtig lagwekkend!

Uiters swak diens

My eis nommer is ***

En ek wil asb terug voer he

Ons neem kennis van jou klagte, dankie dat jy die saak onder ons aandag gebring het.
Ons is tans besig om jou klagte te ondersoek en ons sal die uitkoms van jou klagte sal met jou bespreek word so gou as moontlik.
Groete,
Die Virseker Span.
Ons neem kennis van jou klagte, dankie dat jy die saak onder ons aandag gebring het.
Ons is tans besig om jou klagte te ondersoek en ons sal die uitkoms van jou klagte sal met jou bespreek word so gou as moontlik.
Groete,
Die Virseker Span.