BB
Bonita B

1 reviews | Active since Jan 2014

07 Jan 2025, 06:25

Uiters teleurstellende diens van Virseker

Klagte: Ek is aan die begin van Desember afgelê. Volgens my polis, sal Virseker paaiemente vir 6 maande dek indien jy jou werk verloor. Ongelukkig is dit nou feitlik onmoontlik om hierdie voordeel te eis, aangesien die kommunikasie en diens wat ek ontvang het, uiters onbevredigend is.

Ek het probeer om 'n e-pos na Virseker te stuur, maar daar is geen toepaslike e-posadres beskikbaar nie – net "no-reply" opsies. Ek het gebel en na verskeie oors***elings uiteindelik met iemand gepraat. Hy het my herhaaldelik op wag geplaas en uiteindelik gesê dat iemand van die regte departement my sal terugbel. Hy kon my nie deursit, 'n e-posadres gee, of selfs 'n verwysingsnommer verskaf nie. Ek moes net vertrou dat iemand sou terugbel. Tot op hede wag ek steeds.

Ek het 'n versoek op die webwerf geplaas vir 'n terugbel. Iemand my gebel, maar dieselfde storie het gevolg. Ek moes weer 'n versoek vir 'n terugbel plaas. 'n Damespersoon het uiteindelik gebel en gesê dat sy eers moet bevestig of my betalings op datum is. Ek is al amper 7 jaar 'n getroue kliënt – ek het nog nooit 'n eis ingedien nie en nooit 'n paaiement gemis nie. Dit is frustrerend dat ek steeds soos 'n probleem behandel word, terwyl ek my kant altyd nagekom het.

Sy het belowe om my op die Maandag terug te bel ná twee dae, maar dit het nooit gebeur nie. In die tussentyd het die paaiement weereens van my rekening afgegaan. Virseker is altyd vinnig om my paaiemente op te stoot en stuur e-posse daaroor, maar wanneer ek hulp nodig het, is dit 'n stryd om iemand te vind wat weet wat aangaan of wat my kan help.

Ek ry 'n voertuig van 2008, maar my paaiemente bly styg. Geen oorweging word gegee aan my ouderdom, die voertuig se modeljaar, of die feit dat ek nooit ge-eis het nie. Dit lyk asof Virseker net belangstel in die inkasering van hul geld en nie in die verskaffing van effektiewe diens aan hul kliënte nie.

Versoek: Ek versoek dringend dat iemand wat bevoeg is en weet wat aangaan my ****ak om hierdie situasie op te los. Ek benodig:

Duidelike terugvoer oor die status van my eis en waarom daar so 'n vertraging is. 'n Goeie verklaring oor waarom ek sulke probleme ervaar ná jare van getroue diens aan julle. 'n Alternatiewe ****akkanaal om met die toepaslike departement direk in verbinding te tree. Ek glo dit is tyd dat Virseker hul toewyding tot hul kliënte bewys en hierdie situasie regstel.

0
Replies (5)
Virseker
Virseker's reply07 Jan 2025, 07:39
Official
Goeie dag Mev. B Botha.

Ons is teleurgesteld om van u dienservaring te hoor. Ons sal die span kry om met u in ****ak te wees.

Vriendelike groete,
Die Virseker Span
BB
Bonita B's update07 Jan 2025, 09:26
Reviewer Update
En dis presies wat ek elke keer hoor wanneer ek met julle telefonies ook gesels. Geen verwysings en geen sekerheid dat iemand my terug s***el nie.
Virseker
Virseker's reply07 Jan 2025, 09:42
Official
Goeie dag Bonita, 

U klagte is aangestuur vir die bestuurspan om vir u te help. 

Groete, 
Die Virseker span
BB
Bonita B's update08 Jan 2025, 10:12
Reviewer Update
Goeie dag Virseker Span

Ek wag nog steeds dat iemand my s***el. Ek het steeds geen terugvoer ontvang nie.

Dankie

BB
Bonita B's update09 Jan 2025, 11:49
Reviewer Update
Ek het steeds geen terugvoer gekry seders ek die 7de my navraag gelaai het nie. Selfs nadat verseker gesê het hulle gaan terugkom na my toe kry ek geen terugvoer nie. Dit is rerig onaanvaarbaar dat mens met niemand direk kan praat wat mens kan help nie.
n