1 reviews | Active since Jan 2018
Uiters swak diens
Patetiese diens! Moet nie dink as jy langs die pad gaan staan dat Virseker vinnig tot jou hulp gaan kom nie. Ons het met ons twee klein kinders in die bloedige hitte vir 7 ure gewag. Virseker se noodhulp diens is uiters swak. Beste van als hulle help jou ook nie in Afrikaans nie! Ek en my gesin het Sondag van 13:30 langs die pad gestaan en wag vir wegsleep diens en was eers 9:30 die aand uiteindelik by die huis afgelaai. Moet ook nie dink hulle bel om seker te maak jy het hulp gekry of dat hulle jou terug bel as hulle jou afsny nie. Ek moes heel dag terug bel en reël om ander wegsleep diens te kry omdat die diens vers******s wat hulle uitstuur nie opdaag en/of nie antwoord na n 2 ure wag periode nie. Dis vir seker die swakste diens wat ons al ooit ervaar het.
Ons erken ontvangs van jou klagte.
Een van ons verteenwoordigers sal jou ****ak om die klagte te bespreek.
Groete,
Die Virseker Span.
Ons erken ontvangs van jou klagte.
Een van ons verteenwoordigers sal jou ****ak om die klagte te bespreek.
Groete,
Die Virseker Span.
Terugvoer:
Soos met ons verteenwoordiger bespreek aanvaar ons volle verantwoordelikheid vir die swak diens wat gelewer is. Die diens aspek is alreeds op n interne basis verder aangespreek, omdat ons nie die klas van diens sal duld nie.
Ons vra nederig om verskoning vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak is en nooi jou uit om Dorothy te s***el indien jy verdere hulp verlang.
Vriendelike groete,

Jy is meer as welkom, dankie vir jou positiewe terugvoer, ons waardeer dit.
Geniet die res van jou dag.
Groete,
Die Virseker Span.
Jy is meer as welkom, dankie vir jou positiewe terugvoer, ons waardeer dit.
Geniet die res van jou dag.
Groete,
Die Virseker Span.