1 reviews | Active since Mar 2022
Treurige diens van Virseker.
Ek is taamlik ontsteld oor die absolute afwesigheid van diens wat ek ontvang het. Op 20 Jan 2022 was ek betrokke in 'n ongeluk. Virseker het die kar kom wegsleep en gereël vir my huurkar. Ek is in die trou industrie en ry 'n Caddy. Na spesifieke instruksies toe ek die polis uitgeneem het- dat die huurkar asb iets soortgelyk moet wees of ten minste 'n voertuig waarmee ek goed kan vervoer en my werk kan doen, ook dat as ek nie 'n voertuig het nie, kan ek nie my werk doen nie. Ek kry 'n Polo. Goed.
Daar staan my kar toe nou 11 dae by hulle in Port Elizabeth. Assessor het my reeds 21 Jan gebel en gesê kar word reggemaak. Dit was slegs radiator en bumper wat vervang moes word. Nie reggemaak word nie, vervang. Hulle sleep die kar tot by paneelkloppers eers op die 1ste Feb, en gee eers daarna goedkeuring dat daar aan die kar gewerk mag word.
So sukkel ek nou maar aan met die Polo en probeer my troues en funksies doen met baie moeite en ekstra ritte, want al die blomme en dekor pas nie op een **** in die Polo nie. Na 30 dae, is my kar steeds nie klaar nie en die paneelkloppers het nog nie eers al die goed ontvang om kar te herstel nie. Let wel- Virseker se geakkrediteerde paneelkloppers. Virseker trek hul skouers op en sê hulle betaal nie verder vir die huurkar nie. Ek praat met konsultant en vra waar staan dit in 'n ****rak dat hulle nie help as jou kar nog nie klaar is na 30 dae nie, antwoord aan my is "dit staan nêrens, maar dit is hoe dit is en dit is nie hulle skuld dat die kar nog nie klaar is nie".
Goed. Betaal vir 11 dae ekstra uit my eie sak om ten minste net vervoer te hê. Paneelkloppers het nou al drie keer die datum waarop kar sou klaar wees, verander.
Intussen, wag ek om te hoor oor die derdeparty eis sodat hulle die bybetaling van R6025 kan betaal. 5 e- posse in 2 weke en steeds geen antwoord.
Ek is regtig teleurgesteld. Ek het geskuif van ander maatskappy laasjaar na Virseker, oor hul mooi beloftes en kamtige goeie diens.
Ek sal hulle nie aanbeveel nie, en ek gaan maar net weer teruggaan na my ou versekeraar toe. Ek betaal eerder R200 'n maand meer en kry ten minste diens.
What a joke.
Ons neem kennis van jou dispuut en het dit na ons interne dispuut afdeling geeskaleer.
Ons sal gedurende kantoor ure met jou in ****ak wees.
Vreindelike Groete
Die Virseker Span
Ons neem kennis van jou dispuut en het dit na ons interne dispuut afdeling geeskaleer.
Ons sal gedurende kantoor ure met jou in ****ak wees.
Vreindelike Groete
Die Virseker Span
Ons het jou dispuut ontvang en dit na die relevante eise bestuurder toe gestuur.
Die relevante eise bestuurder sal in ****ak wees met jou om die saak te bespreek.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
Ons het jou dispuut ontvang en dit na die relevante eise bestuurder toe gestuur.
Die relevante eise bestuurder sal in ****ak wees met jou om die saak te bespreek.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
