1 reviews | Active since Dec 2019
Teleurstellende eise-ervaring en swak kommunikasie
My ongeluk is op 15 Januarie 2026 aangemeld. Ek het die eis onmiddellik telefonies ingedien, met die verwagting dat dit spoedig hanteer sou word. Ongelukkig was dit nie die geval nie.
Na my aanvanklike gesprek met die inbelsentrum het ek tussen 16 en 23 Januarie herhaaldelik ges***el om op te volg, sonder enige terugvoer. Toe ek uiteindelik by die eise-afdeling uitkom, is daar vir my gesê dat die eis “hangend” was en dat daar weens dit geen verdere vordering gemaak is nie – sonder dat ek ooit hieroor ingelig is.
Op 22 Januarie het ek self ’n kwotasie bekom en aan Virseker gestuur om die proses te probeer versnel en my voertuig so gou moontlik te laat herstel. Dit is belangrik om te noem dat die ongeluk nie my skuld was nie, en dat al die besonderhede van die skuldige party reeds aan Virseker verskaf is.
Ten spyte hiervan is ek ’n week later, ná verdere opvolg van my kant af, ingelig dat ek steeds die excess moet betaal en dat daar volgens Virseker selfs ’n moontlikheid bestaan dat ek nie al my geld sal kan terugkry nie, aangesien die skuldige party nie versekering het nie. Dit was uiters frustrerend om te hoor.
Elke keer wat ek opvolg, voel dit asof ek ’n las is. Wanneer ek my frustrasie oor die gebrek aan diens en kommunikasie uitspreek, ervaar ek ’n totale gebrek aan empatie – dit voel eerlikwaar asof my bekommernisse bloot afgeskud word.
Eers op 26 Januarie het ek ’n WhatsApp ontvang om die skade aan te stuur. Vandag is dit 30 Januarie, en ek wag steeds op enige betekenisvolle terugvoer of vordering.
Watse tipe diens is dit? Ek moes self ’n kwotasie kry en instuur om Virseker se werk makliker te maak, tog sit ek steeds sonder antwoorde of oplossing.
Ek hoop opreg dat hierdie resensie daartoe sal lei dat my eis uiteindelik aandag kry, en dat Virseker daadwerklik sal werk om my griewe en die swak diens wat ek ervaar het, reg te stel.
Ons vra om verskoning vir die diens wat u ontvang het.
Ons herken ontvangs van u klagte en het u klagte na bestuur eskuleer.
Vriendelike groete
Die Virseker span
Ons vra om verskoning vir die diens wat u ontvang het.
Ons herken ontvangs van u klagte en het u klagte na bestuur eskuleer.
Vriendelike groete
Die Virseker span
