CO
Christel O

1 reviews | Active since Jan 2018

24 Feb 2026, 17:02

Teleurgesteld met swak diens

Baie teleurgesteld deur swak diens. Insident met versekerde voertuig op 22ste Januarie 2026. Die insleepdiens wat ons motor kom haal het, het skade aangerig aan die motor se bakwerk, asook voorste skokbreker. Ons het dit dadelik aangemeld, opgevolg met 'n epos na die dispuut epos adres. Nooit enige terugvoer ontvang nie. Elke keer as ons die call centre bel, praat jy met 'n ander persoon. Alles van voor af herhaal. Aangemeld by die Ombudsman en wag nogsteeds vir terugvoer.

0
Replies (7)
Virseker
Virseker's reply24 Feb 2026, 18:18
Official
Dagse Christel. ons is uiters jammer oor u diens ervaring. Die saak sal deur gestuur word vir navorsing. Dankie.

Die Virseker Span.
CO
Christel O's update26 Feb 2026, 13:22
Reviewer Update
Hallo Virseker - enige opvolg info wat julle kan verskaf?
Virseker
Virseker's reply26 Feb 2026, 13:40
Official
Goeie dag Christel, 

Ons is jammer dat u nog nie terugvoering ontvang het oor u klag nie.

Ons sal vir u opvolg.  

Vriendelike groete
Die Virseker span
CO
Christel O's update03 Mar 2026, 15:11
Reviewer Update
Beste Virseker,

Vinnige terugvoer - Verlede week Vrydag het Marilize Cooper ons ge****ak om ons mee te deel dat haar hoof ons gaan help, aangesien sy jul diens verlaat op die 27ste Februarie... Sy het vir ons die ****ak persoon: Natasha Antonie gegee, en haar epos adres met 'n versoek dat ons WEEREENS al die info moet aanstuur.
Ons het dit gedoen - ons het slegs 'n epos adres gekry - aangestuur en vandag opgevolg - ons het geen direkte ****ak nommer nie, maar moet weereens gebruik maak van die call centre, en raai wat... Natasha is die hele week besig met opleiding. Wow, geen vertroue meer in jul prosesse nie.
Wat nou? Ek is nou reeds 6 weke sonder my voertuig. En nou sit Natasha in opleiding???? HOE HELP DIT MY.
Virseker
Virseker's reply03 Mar 2026, 15:18
Official
Goeie dag Christel,

Ons is baie jammer om te hoor dat u nog nie terugvoering ontvang het nie.
Ons het vir Natasha gevra om u dringend terugvoering te gee.

Vriendelike groete, 
Die Virseker span
CO
Christel O's update06 Mar 2026, 10:57
Reviewer Update
Hallo Virseker,

Ons het nog geen terugvoer van enige persoon by Virseker ontvang nie.

My volgende stap is om die insleepdiens wat jul ****rakteur is te dagvaar vir skade aangerig aan die voertuig. Hopelik sal die druk van hulle iets beteken. Siende dat ons, julle kliënte, nie belangrik genoeg is om eens terugvoer te ontvang nie....
Virseker
Virseker's reply06 Mar 2026, 11:06
Official
Goeie dag Christel,

Ons is baie jammer om te hoor dat u nog nie terug voering ontvang het nie.
Ons het ons span herinner om dringeng vir u terugvoering te gee.

Vriendelike groete, 
Die Virseker span