AM
Alvera M

1 reviews | Active since Aug 2015

27 May 2026, 06:28

Teleurgesteld

Dis wonderlik om in jou eie taal gehelp te word. Die diens was tot dusver voortreflik en al die konsultante is professioneel, duidelik goed opgelei en hul kennis van 'n hoë standaard. Ek het laasmaand 'n klagte ingedien nadat my nuwe motor se versekering met 50% gestyg het in minder as 4 maande. Debicheck verkeerd gelaai deur Virseker en deur my bank geweier agv 'n tekort aan inligting. Vas gestel fout lê by Virseker na 4 ure op die foon met my bank en Virseker so ingelig. Virseker was vinning om my premie met 20% te verlaag (so nou net 'n 30% verhoging), maar sê die Debicheck fout lê nie by hulle nie en alles is reg. Debietorder is wéér teruggestuur deur my bank! Intussen het my krediettelling met meer as 10 punte geval. Hoe dan nou Virseker?

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply27 May 2026, 08:17
Official
Goeiedag, Alvera.

Ons is bly om te hoor dat jou navraag opgelos is en vra opreg om verskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak het. 
Laat weet ons asseblief as jy enige verdere hulp van ons benodig.

Vriendelike groete,

Die Virseker-span



AM
Alvera M's update27 May 2026, 08:39
Reviewer Update
Lees asseblief my klagte. My probleem is nie opgelos nie. My Debicheck is steeds nie hergestel deur Virseker nie en my bank het dit wéér gister geweier.
Virseker
Virseker's reply27 May 2026, 08:42
Official
Ons vra om verskoning vir die miskommunikasie. Ons sal hierdie saak laat eskaleer sodat u Debicheck-navraag vinnig opgelos kan word.

Vriendelike groete,
Die Virseker-span