BT
Beverley T

1 reviews | Active since Nov 2022

17 Nov 2022, 10:03

Swakste Virsekering by ver

My vader was in 'n motorbotsing betrokke op 31 Mei 2022 om 16:45, die voertuig wat voor my vader gery het, het gestop waarop my vader ook moes stop, met die gevolg was dat die voertuig wat agter my vader gery het in my vader se voertuig van agter vas gery het. Die voertuig behoort aan 'n firma wat in my vader vas gery het. My vader het Virseker ingelig oor die insident sodat virseker die saak veder kon op vat met die skuldige party. My vader het gesukkel vanaf 31 Mei 2022 tot en met 10 November 2022 met Virseker om die bybetaling van R4 850.00 by die skuldige party te kry om die voertuig te kan herstel. Virseker het my vader ingelig dat "Maatskappy van voertuig B gee nie hul samewerking nie" en het dus niks veder gedoen om die R4 850.00 bybetaling in te voder vir die herstel van my vader se voertuig waarin die persoon vas gery het. My vader het sy voertuig in geneem op 7 November 2022 na Worcester Bakwerke vir herstel werk van die skade, wat Virseker goedgekeur het, met Eis nommer ***. Met die afhaal van die voertuig op 10 November 2022 is my vader in kennis gestel hy moet eers R4850.00 betaal voor hulle die voertuig vir hom gaan gee. Hy het die betaling gedoen om sy voertuig te kan kry, aangesien hy dit nodig het. Virseker het net hul skouers opgetrek om veder enige moeite te doen om die R4 850.00 as bybetaling te verhaal van die skuldige party se versekering. Ek eis dat Virseker die skuldige party se versekering ****ak en die bybetaling terug eis vir my vader aangesien die ongeluk nie my vader se skuld was nie en hy nie verantwoordelik is vir die bybetaling nie. Dit is uiters swak van Virseker om net te noem die maatskappy gee nie samewerking nie, maar niks veder word gedoen van Virseker se kant nie, maar elke maand trek julle stiptelik sy paaiement af en sodra julle bietjie moet werk vir die kliënt word handdoek ingegooi. My vader is nog 'n pensioenaris wat nie kan bekostig om geld links en regs weg te gooi nie. Die ongeluk was nie my vader se skuld nie en die skuldige party moet aan die pen gery word vir die bybetaling.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply17 Nov 2022, 10:08
Official
Goeie dag Mev Theunissen. Ons is teleurgesteld om van u dienservaring te hoor.  Ons sal die regte span kan kry om met u in ****ak te wees.

Vriendelike groete,

Die Virseker span