FW
Francois W

1 reviews | Active since Mar 2012

23 Aug 2020, 23:45

Swak diens en buitensporige jaarlikse verhoging

Noudat ek Virseker se patetiese gradering van #48 in versekering hier sien, maak dit als meer sin: Die weke lange gesukkel om net my voertuig se gebreekte voorruit te laat vervange, die 25% jaarlikse verhoging op my premie en dat ek nou nog geen antwoord op my e-pos van 3 weke terug (Sent: Sunday, 02 August 2020 10:43 PM) gekry het oor julle buitensporige premie verhoging nie.

Ek is jammer ek het my tyd gemors om met julle besigheid te doen en hoop net dat die boodskap iemand ander kan help om nie ook daardeur te gaan nie. Polis nommer - ag ag ag nul ag vier ag nul twee

0
Replies (2)
Virseker
Virseker's reply24 Aug 2020, 08:20
Official
 
Hi  Francois ,

Dankie dat u hierdie saak onder ons aandag gebring het. 

Ons erken u frustrasie en verseker u dat terugvoering gegee sal word sodra ons meer inligting het. 

Vriendelike groete
The Virseker Team


Virseker
Virseker's reply26 Aug 2020, 10:45
Official
Hi  Francois

Dankie dat jy die saak onder ons aandag gebring het.
 
Ons kan bevestig dat jy vandag in ****ak was met ons Kliënte Diens afdeling, en dat die saak opgelos is.
 
Ons vertrou dat jy tevrede is met die uitkoms en vra omverskonig vir enige ongerief.
 
Groete,
 
Die Virseker Span.