DP
Deon P

1 reviews | Active since Oct 2009

07 Nov 2025, 13:47

Slegte diens van Virseker

Virseker is virseker die swakste versekering wat ek nog tee gekom het. Ek het op 15 Oktober 2025 n eis ingedien vir my bakkie waarvan die agter modderskerm geduik is en die agterlig gekraak is. Dit is vandag 7 November 2025 en nog steeds is my bakkie nog nie in vir herstel nie. Virseker sê alles is goedgekeur aan hulle kant. Paneelklopper sê hulle wag vir magtiging van Virseker af. Intussen sit ek in die middel. Ek gaan oor twee weke op verlof en weet nie of die bakkie gaan reg wees nie. As Virseker so lank vat met so klein eis, wil ek nie weet wat gebeur as daar grooter skade is. Tyd vir my om na ander versekeraars te kyk.

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply07 Nov 2025, 13:53
Official
 Hi  Deon,

Dankie dat u vir ons ge****ak het.  

Ons is jammer om van u diens ervaring te hoor het het u klagte na die korrekte afdeling geeskuleer om vir u te help.

Vriendelike groete, 
Die Virseker span 
DP
Deon P's update07 Nov 2025, 14:27
Reviewer Update
Die terugvoer van Virseker betek ook niks en ek is oortuig dit is n vooraf boodskap wat vir almal gestuur word wat kla. Hoe gaan julle dit opvolg as julle nie eens my besonderhede het nie. Ek bel aanhoudend julle hulp nommer en word die son maan en sterre belowe, m,aar daar kom niks van nie. Julle sou al my probleem met die paneelkloppers uitgesorteer het maar daar kom ook niks van nie.
Virseker
Virseker's reply10 Nov 2025, 08:33
Official
Goeie dag Mnr. D Pienaar, 

Ons is jammer vir die frustrasie wat veroorsaak word en sal ons span vra om vir dringend terugvoering te gee.

Vriendelike groete, 
Die Virseker span