NP
Nadia P

1 reviews | Active since Aug 2020

12 Aug 2020, 16:39

SLEGSTE VERSEKERINGS MAATSKAPY OOIT!!!!!!!

Slegste maatskappy OOOOOOOOOIIIITTT!!!!!! Het n eis by hulle ingedien op die 20ste Julie vir n pyp wat in my dak gebars het, en waterskade op die plafon en die muur. Het met n Lynette gepraat. Sy het gereel vir die assessor om uit te kom 2dae na die registrasie van die eis. So kom die assessor na my huis toe, vrek ongeskik en so misluk soos 10 (Ek het die gevoel gekry dat ek hom gepla het met sy lewe en n onreg aan gedoen het vir hom om na my huis toe te kom) so klim die ou nie eens in die dak om na die skade te kyk nie. n Week later, moes ek hulle bel om te hoor wat gaan aan met die eis. So word daar vir my vertel die eis word af gekeer want hulle gaan net die plafon reg maak en nie die teels op die muur wat afgetrek het as gevolg van die water nie, en word daar vir my gese dat dit slegte vakmanskap was dat die teels los trek en van Vogskade. VOG!!!!!!! WATSE VOG??????? DIS N ENKEL TIOLET. SO WAAR KOM DIE VOG VANDAAN. ooooo ja en daar is gese daar is ook nie "grout" tussen die teels nie. Duidelik was die assessor nie net ongeskik nie maar blind ook. Daarom vra ek om met n bestuurder te praat. Natasha, die Bestuurder ****ak my en vertel my dieselfde storie. So baklei ek alweer en verduidelik vir haar dat dit n enkel tiolet is en as dit vog skade i,s hoe trek dan net 2 rye teels los, wat regonder die gebraste pyp was, en nie al die teels nie. Sy kan toe nie my ook daarop antwoord nie. Nastasha, verduidelik aan my dat hulle die foto's vir ander assessors sal stuur sodat hulle kan kyk wat aan gaan en dan sal sy my terug ****ak......"well needless to say" dit is al 3 weke later en ek wag nog steeds vir haar terugvoering.

Virseker is hulle die SLEGSTE on ONBETROUBAARSTE Versekerings Maatskapy waarmee ek al te doen gekry het.

Ooooo ja en dit nadat hulle ons "bekke" lekker met jam gesmeer het en lastig was met oproepe om oor te kom na hulle toe en ons versekering by wie ons baie gelukkig was te los.

en weet maar VIRSEKER dat ek dit nie hier gaan los nie.

Groete Mev. N. du Preez Eis nr: ***-1

0
Replies (5)
Virseker
Virseker's reply12 Aug 2020, 17:10
Official
Hi Nadia,  

Dankie dat u hierdie saak onder ons aandag bring. 

Asseblief voorsien ons met die polis nommer sodat die betrokke span 'n ondersoek kan instel.   Ons erken u frustrasie en verseker u dat terugvoering gegee sal word sodra ons meer inligting het.

Vriendelike Groete
Die Virseker Span 
NP
Nadia P's update12 Aug 2020, 20:30
Reviewer Update
Hi Virseker Span,

Soos bo vernoem is, is my frustrasie heel goed uitgele alreeds. Maar wat my baie frusteer is dat n mens eers moet kwaad word en die spreekwoordelike "toys uit die kot gooi" voordat daar iets omtrent dit gedoen word. Dit is die heel eerste keer wat ek n eis indien, want my man het maar altyd dit self reggemaak. Die rede vir die eis is, omdat hy nie tans by die huis is nie, en dus het ek die eis ingedien want ek kan dit nie self reg maak nie. Die Skade is aansienlik baie erger as die vorige kere, omdat die teels in die Enkel Toilet los gekom het as gevolg van die water wat oor dit gevloei het oordat dit plafon deurweek was van al die water. Definitief nie
swak vakmanskap of vog skade nie.

So hier is my Polis nommer: *** weer en ek hoop en glo dat hierdie saak dringende
aandag sal verdien, soos julle leuse se: Afrikaans, ons Taal ons Trots want saam verseker ek en jy Afrikaans. So hierdie eis is in my Afrikaanse huis wat my hawe is. Gaan kyk asb weer na julle EIE Belofte " Ons beloof om jou by te staan in jou uur van nood: om dekking aan jou te bied wat opreg en eerlik is".

Ek sal dit waardeur as ek n spoedige antwoord van die Virseker Span ontvang.

Vriendelike Groete,
Mev. N du Preez


Virseker
Virseker's reply13 Aug 2020, 08:36
Official
Hi Nadia, 

Asseblief stuur vir ons 'n privaat boodskap met u polisnommer. Die stelsel het u polisnommer versteek.

Vriendelike Groete
Die Virseker Span 
NP
Nadia P's update13 Aug 2020, 09:17
Reviewer Update
Hi Virseker Span.

Stuur asseblief vir my n email address waar ek n privaat boodskap heen kan stuur aan gaande my probleem wat ek het as ook my polis nommer.

Groete
Mev. N du Preez
Virseker
Virseker's reply13 Aug 2020, 11:21
Official
Hi Nadia, 

Dis,  *** 

Vriendelike Groete
Die Virseker Span