RS
Retief S

1 reviews | Active since Jun 2014

12 Feb 2016, 08:41

Persoonlike en Proffesionele diens

Versekering uitneem bly nou maar eenmaal 'n nagmerrie en 'n frustrasie. Opsies vergelyk, keuses maak, agente wat teen alle koste produkte aan jou wil afsmeer en duisende \unknown number\" oproepe op jou foon want skielik weet almal jy soek versekering. Ek het versekering vir my nuwe kar gesoek. Ek het twee weke terug met Jay Wilson van Virseker gepraat, Hy het my kans gegee om daaroor te dink en hom weer te ****ak as ek reg is vir besluit. Nie soos die ander maatskappy wat jy dadelik moet besluit nie want skielik is daar nou net vir jou uit duisende 'n spesiale aanbod op die persiese minuut van die presiese dag. Ek het besluit op Virseker en hom ge****ak. Die besonderhede is gevat en die polis is gefinaliseer. Nadat ek tyd gehad het om die polis deur te gaan het ek vir hom vrae gestuur waaroor ek onseker was. Hy het geduldig en spoedig my vrae beantwoord al is ek amper seker ek het net die vorige dag dieselfde vrae gevra. Sulke puik diens verdien om genoem te word en bo-op alles kon geen versekerings maatskappy vir my 'n beter premie aanbied as Virseker nie. Baie dankie!"

0
Replies (0)