1 reviews | Active since Jun 2022
Patetiese diens vanaf Virseker versekering
Ek was betrokke in n ongeluk op 9 April waar n dronk drywer voor my in gery het, ek het uit geswaai en my kar het die sypaadjie getref. Tot en met vandag toe (07/06/2022) is my eis by Virseker nog nie af gehandel nie. Die skade op die kar verloop teen R35 000, Virseker wil nie my eis indien nie omrede ek nie 7 jaar se versekering geskiedenis het nie. Nadat ek vir die eis konsultant, Chantel Jacobs, my voorige versekering maatskapye genoem het waar sy wel die inligting vandaan kan kry, sal dit vir haar weke neem om te sê dat die eis nie sal voort gaan nie omrede sy geen inligting kan kry nie. N epos was gestuur waar ek versoek het om die eisbestuurder se ****akbesonderhede te kry en ook versoek het dat my ****rak vir my gestuur word, ek het geen terugvoer ontvang nie.
Nou vra ek, waarvoor betaal ek??? Hoekom het ek versekering nodig as ek nie verseker is op n ongeluk wat nie my skuld is nie??? Ek het die punt van gatvol bereik met Virseker, ek was vir die 2maande baie nederig, gaaf en hulpvaardig, en nou word n leeu se bal gekrap met n kort stokkie. Die volgende stap sal my prokureur ge****ak word, en hy sal die saak verder vat
