HB
Hannelie B

1 reviews | Active since Oct 2020

05 Oct 2020, 20:32

Patetiese Diens

Pateties! Sou julle ‘n minus gee as ek kon. Sukkel al vir weke om ‘n eis vir skade op my motor afgehandel te kry. Julle is oningelig en onprofessioneel, maar baie op tyd om premies te verhaal. Ek stuur e-mails, WhatsApp’s na die persoon wat sogenaamd hiermee werk, kry geen terugvoering. Het boodskap op Facebook se messenger gelos, iemand het my ge****ak en gesê hulle sal dit vandag uitsorteer. Toe nie!!!!! Ek het op my profiel ingegaan, dit wys sommer die eis is afgehandel? Nie sover ek weet nie, o ja, die ander inligting is dat 2de handse parte gebruik gaan word. Of nie? My geld is nuut, ek verwag diens en BAIE vinnig. Ek het julle ondersteun vir net een rede en dis omdat julle Afrikaans is. Nuusflits - ek is ten volle tweetalig, en as julle lojaliteit soek, kry eerder vir julle ‘n hondjie. My geduld is op!!!

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply05 Oct 2020, 21:09
Official
Hi Hannelie

Dankie dat u hierdie saak onder ons aandag gebring het. Asseblief voorsien ons met jou polis nommer asook ****ak besonderhede sodat ons die saak na die betrokke span kan stuur om verder te ondersoek. Ons erken beslis u frustrasie en verseker u dat terugvoering gegee sal word sodra ons meer inligting het.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span