1 reviews | Active since Sept 2020
Onseker van Virseker!
In short - be aware and very careful! This is not an insurance company with which you would want to ensure. This company in my case hides behind the fine print to save them money. My guess is that their contract would be standard, but they are refusing to answer my concern that my vehicle was in a better condition after the accident, but before repair than now after repair. They gave it back to us terribly broken! Take note that in their letter they even admit that the door showed error and disrepair only after it was taken off and replaced. If the supporting rollers were in such a state of disrepair and the sole cause of this problem, then why was the door not threatening to fall off before they took it off? Even the dispute office rendered my vehicle now worthless after blaming the disrepair on it normal wear and tear. They are now blaming the condition of disrepair of my vehicle on wear and tear. My question is this...how on earth can a vehicle sustain such an amount of wear and tear that the door now seems to want to fall off, but before taking it in for repair it was tight and secure?!
I am adding the details of the happenings hereafter and if space allows their dispute office's reply thereafter for those of you who would like to read it.
Geagte mnr/me
Ek is aanbeveel om hierdie brief van gebeure aan die dispuut afdeling te rig deur een vd oproep agente by Virseker omdat Virseker my eis so sleg hanteer het dat ek voel ek slegter daaraan toe is voordat die voertuig herstel is, maar na dit in die ongeluk betrokke was! Ek vra dat u noukeurig na my saak sal kyk en dit sal beredder sodat ek kan glo dat ek tog by die regte maatskappy verseker is?
My vrou is die hoofsaaklike bestuurder vd bussie in melding en is ook as sulks aangewys in die polis. Sy het dit ongelukkig getref toe sy in die pad verby ry en ‘n ander vrou vanuit haar motorafdak terug gestoot het sonder om mooi te kyk en ons bussie toe op die regter agter hoek op die buffer getref het. Aanvanklik het dit nie na veel skade gelyk so op die oog af nie, maar dadelik het elektroniese foute begin wys wat voorheen nie fout was nie. Die agterste buffer het park distance control ingebou. Die bussie se sluitstelsel het ook na die stamp heeltyds begin oop en toe sluit terwyl mens ry.
Die versekering het bepaal dat die voertuig na A N Paneelkloppers in Potch geneem moet word vir die herstel. Dit spyt my, maar hierdie bewys ‘n groot fout te gewees het. Hoe dit ook al sy, hulle het ‘n datum vasgemaak en sy het die bussie aan hulle besorg op die beslote datum. Kort daarna is ons in kennis gestel dat daar onderdele bestel moet word, maar dat dit nie voor oor 4 weke afgelewer sou kon word nie. Ons is aangesê om die bussie weer te kom haal, maar dit is te ver vir ons op daardie stadium om net “gou” die voertuig te gaan haal. Potch is 145km van Wolmaransstad af en die koste daaraan verbonde was nie vir my moontlik om te dra nie omdat ek alreeds toe 2 jaar sonder werk gesit het a.g.v. aflegging omdat die maatskappy waarvoor ek gewerk het finansieële probleme opgedoen het. Die bussie is dus vir die 4 weke daar gelaat. Ons is na die verloop vd 4 weke in kennis gestel dat die onderdele gekom het, maar dat dit die verkeerde onderdele was! Wat kon ons doen. A N Paneelkloppers het laat weet dat hulle die regte onderdele sou bestel. Net een week later word ons meegedeel dat die regte onderdele afgelewer is! Hier het ek klaar begin lont ruik! Hoe is dit dat die aanvanklike onderdele ‘n hele 4 weke moes duur, maar skielik kon die regtes net een week later afgelewer word? Ek vermoed natuurlik dat watter onderdele dit ook al was, die “regte” onderdele nooit die regte onderdele kon wees nie? Die voertuig is herstel en vir ons terug besorg. Hier is toe waar die gemors begin het! Die stampie is goed herstel, maar nou het die sluitstelsel nie meer reg gewerk nie, waar dit volmaak voorheen gewerk het sonder uitsondering! Selfs na die ongeluk met die uitsondering dat dit as gevolg van die ongeluk heeltyds oop en toe gesluit het, het dit met elke **** mooi toe en oopgesluit. Ook het die regterkantste skuifdeur glad nie nou meer toegemaak nie! Mens kan dit geensins toe trek dat die op knip kom nie. Dit stamp net teen die raam en dan spring dit weer oop! Dit is ook loshangend asof iets vreeslik los is? Hierdie is ‘n growwe fout, want nooit het dit voorheen so gemaak nie. Nie eers na die ongeluk, maar voor dit “herstel” is, was dit so stukkend nie! Ons het A N Paneelkloppers hiervan verwittig waarna ons eenvoudig gemeld is dat dit ‘n ou bussie is en dat daardie gewone slytasie is?! Hierdie is ‘n skreiende leuen en nie ons of enige van ons vriende en familie wat die bussie maar alte goed ken, kon glo dat ons die bussie wat hierdie foute betref in baie goeie toestand aan die paneelkloppers gelewer het, nou so wonderbaarlik skielik hierdie vreeslike slytasie kon opdoen terwyl dit eenvoudig daar op die perseël van A N Paneelkloppers gestaan het nie? Ek het Virseker gebel en my klagte probeer aanhandig maak, maar ek is vriendelik meegedeel dat hulle nie met hierdie saak werk nie en dat ek een of ander besigheid wat hiermee werk self moes bel. Hulle het my ‘n nommer gegee. Hier vind ek ook ‘n growwe onreëlmaat? Hoe is dit dat die kliënt nou self agterna moet bel om die gemors te probeer regstel? Ek is mos Virseker se kliënt? Nie te min het ek hulle gebel. Ek kan nie mooi onthou hoe daardie verwysings toe gewerk het nie, maar kort voor lank het ‘n Mnr Mynard van der Merwe my gebel en na die foute gevra. Hy was blykbaar die assessor wat oor hierdie eis aangestel is. Hy het my vrae beantwoord, maar gou het ons in ‘n geskil beland, want skielik het hy ook my probeer wysmaak dat die foute waaroor ek navraag doen slytasie is! Hy wou niks hoor van die toestand vd bussie soos ons dit aan die paneelkloppers gelewer het nie. Dit het my geweldig ontstel, want ek kon nie glo dat vakmanne hulle werk so swak sou afgee nie? Ek het verder met die assessor gepraat waarna hy ingestem het om met A N Paneelkloppers te praat. Ek het dit daar gelaat in die hoop dat hy sou agterkom wat aan die gang is en dat hulle die twee foute wat nou die bussie so sleg agterlaat dat dit feitlik waardeloos is, sou kon bepaal. Op hierdie tydstip het dit goed gelyk, want daar is my meegedeel dat hulle onderdele sou bestel en dat die bussie weer sou ingeneem moet word. Ons was ontsteld, want nou sou dit ons alweer nog bykomende koste kos om die bussie vir ‘n t****e keer in te neem. Gewoonlik sou dit nie soveel van ‘n probleem gewees het nie, maar met die dat ek nie ‘n vaste inkomste het nie, het dit saak gemaak. Ons het met die assessor onderhandel, waarna hy ons meegedeel het dat Virseker ingestem het om ons tegemoet te kom, omdat die eis alreeds so lank draai en al die ongeruimdhede wat daarmee gepaard gegaan het. Virseker het my vrou d.m.v. die assessor per telefoon laat weet dat hulle eersdaags die bussie sou kom haal en vir haar ‘n huurmotor sou bring vir die tyd vd t****e poging tot herstel van die ongeluks skade. Hiermee was ons baie tevrede, want die hoop dat die bussie nou weer tot sy oorspronklike toestand herstel sou word het weer ‘n moontlikheid geword. Die tydsberekening het ons egter nou in die steek gelaat, want die land is gesluit weens die Covid19 virus.
Na ‘n paar oproepe deur die grendelstatus tydperk om op hoogte te probeer bly het die eintlike moeilikheid weer kop uitgesteek. Nadat paneelkloppers weer toegelaat is om hulle besigheid op te neem, was hierdie reëlings wat met ons getref is voor die toesluit tydperk begin het skielik vergete! Ek het ‘n oproep van die assessor ontvang waarin hy my meegedeel het dat hy met die paneelkloppers gereël het en dat ons die bussie nou weer na hulle toe moes neem. Ek moes hom herrinner aan sy oproep van voor die grendelstatus en die beloftes wat daardie tyd gemaak is, maar hy het geen aanmerking van erkenning of ontkenning getoon nie. Hoe nou? Het die virus nou ook mag om reëlings wat vasgemaak is en aanvaar is, ongedaan te maak? Van nuwe onderdele wou hy ook niks weet nie. Het net gemeld dat die linker voorste deurslot nou om en by R51 000 sou kos en dat dit te duur is. Ek het met hom begin onderhandel oor ‘n moontlike manier hoe ons hierdie herstel sou kon doen met die belofte in gedagte wat Virseker ons voor die grendelstatus gemaak het, maar hy het my nie daarop geantwoord nie. Hy het net voorgestel dat hy met A N Paneelkloppers sou onderhandel dat hulle na my vrou se wooning sou gaan en aan die foute soos gemeld sou stel om te kyk hoe naby hulle dit kon kry as wat dit maar kon onder die omstandighede en dat hy die eis dan as afgehandel sou neem. Dit het my weereens ontstel, want wat as hulle die verstellings nie kon regkry nie? Dan het ek nogsteeds met ‘n stukkende voertuig gesit wat verseker nie hierdie tekens getoon het voor die ongeluk nie! En dit terwyl my vrou onskuldig was in die gebeure. Ek het ingestem dat hulle die verstelling sou kon probeer in die hoop dat hulle ten minste die regterkantste skuifdeur sou kon reg kry dat dit mooi stewig sou toemaak soos dit voorheen gewerk het, maar dat ek nie hierdie t****e poging van herstel as afgehandel sou aanvaar as dit nie die gewensde resultate tot gevolg sou hê nie. Ek het voorgestel dat ons die huurmotor koste probeer afspeel teen die koste vd slot omdat Virseker die huurmotor reeds goedgekeur het en my mening was dat as ek nou die huurmotor afwys sodat die goedgekeurde koste daarvan teen die prys vd slot afgereken kon word, dit die saak sou aanhelp? Ek het maar net probeer voorstelle maak. Ek bedoel; hoe kon ek dit aanvaar? Die bussie was in ‘n baie goeie toestand met al hierdie bogenoemde funksies in baie goeie werking en nou wil hulle my die voertuig stukkend terug gee en my laat verstaan dat dit maar net slytasie is?! Dit gaan my verstand steeds te bowe dat sulke werk gelewer kan word as “professionele” vakmanne en dat hulle toegelaat word om daarmee weg te kom asog ek die oortreder is? Dit is net nie reg nie. Skaars het ek sy oproep beïndig of my vrou bel my hewig ontsteld. Sy wil by my weet wat op aarde het ek nou aan die assessor gesê? Ek vra haar toe waarom sy so sê? Ek is uit die veld geslaan, want net ‘n oomblik tevore het dit geklink of ek en die assessor tot ‘n vergelyk gekom het dat hulle positief na my saak sou kyk. Sy antwoord my toe dat A N Paneelkloppers haar gebel het en eenvoudig gemeld het dat die assessor hulle aangestel het om na haar woning toe te kom en die foute te verstel so goed hulle maar kon en dat die eis dan afgehandel sou wees! Dit was geensins eers naby wat ek en die assessor bespreek het nie! En hulle voeg toe by dat dit nie verder moontlik was om aan die saak te werk nie, want die kostes van herstel sou so hoog raak dat die bussie eintlik afgeskryf sou word? Wat?! Word ons nou gedreig asog ek ‘n misdadiger is? Op hierdie stadium het ek besef dat Virseker verseker nie mooi met ons werk nie! Ek het besluit om met Virseker self te probeer onderhandel, want ek is hulle kliënt. Dit is nie reg dat ek my eie saak so staan en probeer voer nie teen mense wat my nie hoor nie. Die voertuig was in puik werkende toestand voor die ongeluk en nou is dit stukkend. Die leuse dat versekerings maatskappye ons altyd voor oë hou dat hulle daar is om mens in dieselfde posisie terug te plaas as waarin mens was voor die insident word duidelik nie deur Virseker gehuldig nie? Dis jammer, want ek het werklik geglo dat ek volgens die advertensies van Virseker my in goeie hande sou bevind tussen my eie mense en nou word ek soos ‘n leuenaar behandel?! Ek het Virseker d.m.v. hulle webblad ge****ak en hulle het my terug gebel. Die man wat my gehelp het was baie vriendelik en behulpsaam en nadat ek hierdie selfde verloop van sake aan hom verduidelik het, het hy my omverskoning gevra vir die wyse waarop ek my eis beleef het en belowe dat hy verder sou ondersoek instel. Ek het beter gevoel, want hy het eg geklink. Ook getrou aan sy belofte het hy my weer terug gebel en genoem dat die eis nou geëskaleer is en dat meer senior personeel na my eis kyk. Ek was hoopvol… My teleurstelling was egter onmeetbaar toe dieselfde assessor my kort voor lank terug bel en my meedeel dat die bussie (natuurlike op ons eie koste), weer Potch toe geneem moes word na ander paneelkloppers toe vir ‘n t****e opinie. Ek het ingestem op voorwaarde dat ek deur in te stem nie die uitkoms vd eis gewonne gee nie, want glo dit of nie, die paneelkloppers wat hy genoem het vir die veelbesproke t****e opninie is ook op Virseker se paneel van goedgekeurde paneelkloppers! Ek het hom dit meegedeel dat hierdie nou regtig nie gesien kan word as ‘n onafhanklike ondersoek nie. Hoe dan so? Hulle vra die sienswyses van net hulle eie paneelkloppers wat afhanklik is van nog werk wat van Virseker af na hulle verwys sou word. Dit het nie reg geklink vir my nie? Ek was in elkgeval ontsteld oor hoe die hele saak reeds hanteer is, want dit het vir my duidelik begin word dat A N Paneelkloppers nie oor die vermoë beskik om ten minste die skuifdeur van die bussie reg terug te sit nadat hulle dit afgehaal het nie! En dat hulle nou skerm vir al wat hulle werd is, want enige verdere werk aan die bussie hulle nou sou geld kos? En waar geld betrokke is, raak mense onverskrokke! En al wat ek verlang is dat die eis soos aan Virseker aangemeld met al die gevolglike skade van die ongeluk herstel moet word. Is dit in eenvoud nie waarvoor mens versekering uitneem nie?
Die toetse van die t****e paneelkloppers was vrygestel en let wel sonder dat ons enige mede deling of toesig of sê of bewys in die saak gehad het nie. Die assessor het my vrou eenvoudig gebel en gemeld dat Virseker se paneel geregistreerde paneelkloppers die foute op die bussie aan slytasie toeskryf en dat die eis nou afgehandel is! Intussen is my vrou se bussie so stukkend dat die sluit meganisme nie reg werk nie en die regterkantste skuifdeur glad nie eers kan toe nie!! En om te dink dat as ons nou maar die eis nie by Virseker aangemeld het nie, en net so verder gery het, dit in ‘n veel beter werkende toestand as nou sou gewees het, met uitsondering van die sluitstelsel wat heeltyd nou oop en toe, oop en toe gesluit het. Dit bring my dan by die kwessie van dat die paneelkloppers heeltyd verklaar dat dit slytasie is. My gevolgtrekking is dat as die bussie wat van Wollies die 145km moes ry vir die inhandiging by A N Paneelkloppers en die feit dat die sluitstelsel elke paar sekondes oop sluit waarna die autosluitstelsel dit dan weer toesluit en dan wat ook al deur die ongeluk gebreek is, dit net weer oopsluit en so voorts, dit mos natuurlike die vreeslikeste slytasie van Wollies na Potch toe sou veroorsaak! En nou wil hulle dit op my pak? Die feit bly staan die ongeluk het die nou nuut gediagnoseerde slytasie veroorsaak!! Wat die skuifdeur betref is dit heelwaarskynlik net slegte vakmanskap dat dit nie kan toemaak nie? En om te dink na die ongeluk was die skuifdeur, behalwe dat die een wieletjie plat geskuur was omdat dit droog was, nogsteeds styf, sekuur en in baie goeie werkende toestand was. Nou dink mens dit gaan enige oomblik op die grond uitval! En om te dink dat ek nie te lank gelede toe ek die versekering uitgeneem het, die bussie moes invat waar hulle dit deeglik ondersoek het alvorens dit verseker sou word en dat daardie ver**** die bussie goedgekeur het en geen van hierdie foute kon vind nie. Maar nogsteeds probeer hierdie assessor en A N Paneelkloppers my wysmaak dat my bussie summier en skielik met die aankoms by genoemde paneelkloppers soveel slytasie opgedoen het terwyl dit daar gestaan het dat dit nou onherstelbaar is?
My vraag is nou net? Hoe kan die assessor ons nou net so van die tafel af vee nadat Virseker ingestem het om weer onderdele te bestel en die voertuig dan reg reg te maak en ook ‘n huurmotor toegstaan het, nou skielik net terugstaan en ons in hierdie gemors dompel asof ons geen versekering hoegenaam gehad het nie? Hierdie hele saak is in my oë baie swak en onreëlmatig hanteer dat ek dink dat Virseker in my geval nie eers as ‘n versekering moet optree nie? Ek is baie ongelukkig hieroor. Ek veg verbete om my premies te betaal met die dat ek sonder werk sit en dan wanneer ek my versekering die nodigste het, draai hulle eenvoudig om en jaag my weg…
Ek hoop om van julle kantoor af te hoor en hopelik regverdiglik so?
Their reply:
Ons erken met dank ontvangs van u skrywe op 13 Augustus 2020 en let op die inhoud daarvan. Die aanvangsdatum van u polis is 20 November 2019. En U 2009 Opel Vitaro 1.9 CDTI is Omvattend verseker vir die Markwaarde, R142800.00. U het op 23 Januarie 2020 ‘n eis by Virseker ingedien vir ongelukskade aan u voertuig nadat die voertuig in n botsing betrokke was op 22 Januarie 2020. Tydens die verwerking van die eis is n assessering van die skade gedoen en daar is gevind dat die skade aan die voertuig herstelbaar is. As deel van die herstelwerk het die paneelklopper die regter agter glydeur van die voertuig vewyder om die ongeluk skade aan die regterkant van die voertuig te herstel. Nadat die herstelwerk afgehandel is, was daar gevind dat die sluitstelsel van die voertuig nie meer korrek werk nie. Die voertuig is na aanleiding daarvan na Opel agente geneem om die oorsaak van die skade aan die sluitstelsel vas te stel. ń Ver**** is vanaf die agente ontvang. Volgens die ver**** is die regter agterdeur en sluitstelsel ondersoek. Daar is gevind dat die skade aan die draer (bearings) van die skuifdeur deur middel van normale agteruitgang/slytasie plaasgevind het. Dit veroorsaak dan dat die belyning van die deur negatief beinvloed word en het dan die gevolg dat die sluitstelsel nie korrek werk nie. Geen fout kon met die fakmanskap ten opsigte van die herstelwerk van die ongelukskade gevind word nie. Daar is ook gevind dat die afhaal van die betrokke deur noodsaaklik was ten einde die herstelwerk te voltooi. Aangesien die wanfunksionering van die sluitstelsel n direkte gevolg van die slytasie van die draers (bearings) op die deur is, word die slytasie skade (draers) asook die skade wat aangerig is, as n gevolg van die slytasie, aan die sluitstelsel in gevolge die polis ****rak uitgesluit. Ons verwys u na die Bepalings en Voorwaardes met betrekking tot slytasie en skade wat veroorsaak word deur slytasie. 'n Versekeringspolis is 'n ****rak wat bestaan uit gelyste gevare en / of uitsluitings. Die gevare en / of uitsluitings wat in die polis gelys is, kan in die polis dokumentasie gevind word. Die gevare wat in terme van die polis dokumentasie gelys word, moet die oorsaak van die skade aan die eiendom veroorsaak het, voordat die polis reageer. As 'n uitsluiting wat in die polis aangetoon word die skade veroorsaak het, sal die skade nie gedek word nie. Ons bevestig dat die besluit om die eis af te wys korrek is en dat ons voortgaan om ons leêr te sluit. Virseker is toegewyd om 'n regverdige en deursigtige proses te verseker. Ons is toegewyd aan die waarborg van 'n hersieningsproses van die hoogste standaard. Die besonderhede van die betrokke Ombudskemas kan in u polisskedule, u Bepalings en Voorwaardes asook op u afwysings brief gevind word.
Ons merk op dat ons span die saak met u bespreek het.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
Ons merk op dat ons span die saak met u bespreek het.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
