1 reviews | Active since Jun 2016
Onprofessionele diens en misleiding van versekeraar.
Goeiedag, Ek het by Virseker aangesluit juis omdat hulle glo versekering in Afrikaans doen. Ek het gister al n eis ingedien (898218). Nou ontvang ek oproepe in Engels van Digicall Assessing Solutions. Dus nie aanvaarbaar vir my nie want ek is nie goed met Engels nie. Die konsultante kan glo net Engels praat en nie Afrikaans nie. Ek sien dit bloot as diskriminasie teen Afrikaanssprekende mense. My reg om aangespreek te word in die taal van my keuse is in die konstitusie vervat. Virseker verkoop hulself as versekering in Afrikaans maar as die eis hanteer moet word, dan moet daar Engels gepraat word en daar is allerhande verskonings. Dit skep by my die persepsie dat die publiek aktief mislei word deur die versekeraar. Ek skuif na n ander versekeraar na die eis afgehandel is.
Dankie dat u die tyd geneem het om u ervaring met ons te deel. Ons is jammer om te hoor dat die diens wat u ontvang het nie aan u verwagtinge voldoen het nie. Ons wil graag die saak reg stel. Ons sal die nodige ondersoek instel en reël dat u so gou as moontlik ge****ak word.
Vriendelike groete,
Die Virseker span.