BB
Bonita B

1 reviews | Active since Jan 2014

10 Jan 2025, 11:19

Onaanvaarbare of eerder GEEN diens van Virseker

Ek sukkel nou al van vroeg December af dat iemand by Virseker my moet s***el omdat ek retrench is. My polis dui aan dat hulle mens se paaiement dek vir 6 maande in die geval van retrenchment. Ek het al met verskeie mense gepraat en almal sê hulle sal dit deurgee vir die regte departement. So het ek nog NIKS terugvoer van enige iemand ontvang nie en het my paaiement einde December WEER afgegaan. Ek het al op Hellopeter gekla en presies dieslefde terugvoer ontvang dat hulle daarna kyk en iemand na my sal terugkom. Ek kry geen terugvoer nie. Virseker is baie vinnig om hulle versekering aan mens af te smeer en AFRIKAANS ons taal as verskoning te gebruik. Hulle is vinnig om jou paaiement te verhoog en luister nie na rede nie. Ek betaal al amper R800 'n maand vir 'n 2008 model voertuig, was nog nooit in 'n ongeluk nie en nog nooit by hulle ge-eis nie. As mens hulle wel nodig het die dag is niemand beskikbaar nie. Ek soek vandag terugvoer. My paaiement mag nie weer afgaan nie.

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply10 Jan 2025, 11:24
Official
 Goeie dag Bonita

Ons erken ontvangs van jou klagte en vra om verskoning vir enige ongerief wat aan jou veroorsaak is. 

Ons span sal met jou in ****ak wees om jou bekommernisse te bespreek en hierdie saak sal so gou moontlik na die betrokke departement geëskaleer word. 

Groete,

Die Virseker Span 
BB
Bonita B's update10 Jan 2025, 12:34
Reviewer Update
So het julle voorheen ook gesê. Ek sal dit waardeer as iemand my s***el.

Virseker
Virseker's reply11 Jan 2025, 08:03
Official
Goeie dag Mev. Botha.

Ons rekords toon dat u klagte alreeds geskaleer is. u Kan n oproep van die diesafdeeling binne besigheids uure verwag.

Groete

Die Virseker-span