1 reviews | Active since Oct 2022
Ms Jeanette Eekhout
Ek moet sê ek was lanklaas so beindruk met ñ diens soos wat ek van Virseker gekry het. Tans was ek by ñ Versekeraar vir 8jaar en het geen terug betaling ontvang vir die feit dat ek nog nooit ñ ongeluk gehad het nie, maar my premie het net duurder geword. Dis toe dat ek besluit het om ñ paar Versekeraars te ****ak en na verskillende opsies te kyk. Nie noodwendig die goedkoopste nie, maar die 1 wat vir my as vrou sal werk. Eerste het ek die mees bekendste 1 ge****ak en die dame wat my gehelp het, het my so oorweldig met die lae premie dat ek seker was ek gaan van hulle gebruik maak. Daar is toe ñ vriend wat my gewaarsku het oor die Eerste goedkoop opsie. Jy betaal min maandeliks, maar jou eie bybetaling na ñ ongeluk is baie hoog. By nadere ondersoek was dit toe so. Daarna het ek Virseker ges***el omdat ek gereeld hul advertensie op Televisie sien en gevoel het hulle praat my taal. Nodeloos om te sê VIRSEKER het my terugges***el die volgende dag na ek hul ñ sms gestuur het. Die persoon aan die anderkant was profesioneel, hoflik, aangenaam en baie hulpvaardig. Hyt mooi na my geluister en presies verstaan waarna ek opsoek is. Hyt na die gesprek vir my ñ netjiese epos gestuur wat alles presies uiteensit en genoem het dat ek hom enige tyd kan ****ak indien ek vroeer van hul diens gebruik wil maak. Ons het toe ooreengekom dat hy my ñ week later sal s***el. Ek waardeer die feit dat die verkoopsman my nie geteister het met oproep, soos ander gemaak het nie en my privaatheid gerespekteer het. Vandag het ek gesê ek maak graag van hul diens gebruik en ek wil Virseker bedank vir puik diens en ek sien uit daarna om met hul ñ pad te stap.
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om jou diens ervaring met ons te deel.
Dis altyd wonderlik om positiewe terugvoering te ontvang.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om jou diens ervaring met ons te deel.
Dis altyd wonderlik om positiewe terugvoering te ontvang.
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
