MR
Mnr. Roux

1 reviews | Active since Jul 2022

08 Jul 2024, 22:50

Mnr Theodorus Ernst Roux

Die Virseker Agent het vir my baie proffesioneel gehelp en stap vir stap alles noukeurig deurgegaan met my sodat ek alles kan verstaan en wat my dekking alles behels waarvoor presies elke klousule in my polis onderskryf word. Sy het my antwoorde alles na my verwagting beantwoord en vir my baie goeie advies gegee hoe om my Virseker Polis te bestuur en korrekte dekking vir my Huisinhoud en Motor versekering te verkry deur middel van haar goeie raad en kennis. Baie dankie vir jul altyd vriendelike, behulpsame en Top Klas Kliënte Diens. Julle is voorwaar uitsonderlik en ek sal vir Virseker vir enige iemand ten sterkste aanbeveel vir wat ook al hul behoeftes mag wees aangaande Korttermyn Versekering. Mag daar net goedheid en guns op jul paaie voorentoe kruis! Vriendelike Groete, Theo Roux.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply09 Jul 2024, 06:50
Official
Goeie Dag, Mnr. Roux
Kyk nou net! Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, dit is vir ons lekker om te hoor dat jy tevrede is met die diens wat jy by ons ontvang. Sal dit reg wees met jou as ons jou terugvoer in van ons bemarking gebruik?

Vriendelike groete, Die Virseker span