1 reviews | Active since Nov 2024
Maak maar seker voor jy Virseker
Van die dag wat ek geskuif het na Virseker was ek maar skepties oor hulle profesionaliteit en het gevrees vir die dag wat ek hulle gaan nodig kry. Ek het na Virseker geskuif omdat ek deur Afriforum na hulle verwys is en ek daar in Afrikaans gehelp kan word.
Met aansluiting het ek die volgende probleme ervaar: 1. Hulle aanlyn inspeksie vir die voertuie werk nie. 2. Ek het `n konsultant ges***el in die inspeksie per e-pos aan die konultant gestuur. Meer as `n maand later was die inspeksie op van my voertuie gedoen en op van hulle nie. 3. Na herhaaldelike gesukkel kon ek my voertuie se inspeksie afgehandel kry.
Die gevreesde dag van eis het toe gekom en my vrees was toe duidelik nie ongegrond nie.
Ek was in `n ongeluk betrokke Vrydag 8 Nov om ongeveer 18:30 en ons was 7 mense in die voertuig met ons bagasie. 1. Buite ure is die geadverteerde Afrikaans by die deur uit, Vireker self bestaan dan nie meer nie en hulle los jou dan maar basies vir die wolwe. 2. Ek het `n huurmotor opsie op my polis, ek en my 6 passasiers was gestrand langs die pad aangesien Virseker se eise afdeling eers Maandag (Volgende werksdag) beskikbaar sou wees. 3. Na herhaalde oproepe en pogings moes ek self reel om my en my passasiers by `n veilige bestemming te kry. Dit na ek `n versekeringspremie betaal vir daardie gemoedsrus! 4. Na 10 oproepe Maandag 11 Nov, vele boodskappe en vele kere afgesny kon ek teen 11:00 uiteindelik my eis geregistreer kry. 5. Volgens Samantha by eise moes ek die 24/7 nommer ges***el het maar kon nie bevestig of hulle vir my Vrydag `n huurmotor sou kon gee nie. 6. Samantha by eise het onderneem om seker te maak ek kom by iemand uit wat die eis kan registreer en ook dat sy my sou terug s***el om seker te maak dat ek wel reggekom het. Dit het nie gebeur nie en die oproep was sommer onmiddelik afgesny nadat sy my deurges***el het. 7. Die ander party is by Discovery verseker, hulle regsafdeling het my al ges***el nog voordat ek `n eis kon registreer. Ek voel dat die diens regtig onprofessioneel is en Virseker gee my die gevoel dat hulle nie regtig my belange op die hart dra nie. Selfs wanneer jy bel is hulle prioriteitsvolgorde van opsies wat gemaak moet word duidelik gemik om eerder nuwe kliënte te kry as om bestaande kliënte in nood te help.
Ons is teleurgesteld om van u dienservaring te hoor.
Ons sal die span kry om met u in ****ak te wees.
Die Virseker Span
Ons is teleurgesteld om van u dienservaring te hoor.
Ons sal die span kry om met u in ****ak te wees.
Die Virseker Span
Samantha het toe nooit `n voertuig gereel soos wat sy vir my gesê het nie.
Na nog vele ander oproepe kon `n kosultant my help om die Huuragentskap te kry om my te ****ak, maar het toe die verkeerde inligting vir hulle gegee.
Huuragentskap was baie vinnig om my te ****ak, maar nou is Virseker net onbereikbaar!!
En hierdie "Auto Reply" van hulle op Helo Peter is presies net wat dit is. Niemand gee daaraan aandag nie!

Ons is baie jammer om te hoor dat u nog nie ge****ak was nie en sal net die eise afdeling vra om u dringend te ****ak.
Groete,
Die Virseker span
Ons is baie jammer om te hoor dat u nog nie ge****ak was nie en sal net die eise afdeling vra om u dringend te ****ak.
Groete,
Die Virseker span