AR
Amelia R

1 reviews | Active since Jul 2021

03 Jun 2023, 08:32

Kopsere met voertuig herstelwerk, geen reaksie van Virseker

Op 17 April 2023 het 'n motor met myne van agter af gebots. 'n Eis is op dieselfde dag reregistreer. Die assesseringsproses het glad verloop en op 22 April is 'n plaaslike paneelklopper aangestel vir my voertuig se herstelwerk. Die paneelklopper kan my egter eers einde Junie help en ek het vir Virseker gevra of daar geen ander paneelklopper is wat vroeër kan help nie, selfs al is dit in my buurdorp. Op 9 Mei is paneelklopper B aangestel in my buurdorp. Dit is al amper nog 'n maand verder en my motor is nog steeds nie herstel nie. By navraag aan paneelklopper B is ek meegedeel dat die parte vers****** wat Virseker aangewys het, nie die parte beskikbaar het nie en hulle wag vir terugvoering van Virseker af. Ek het telkemale my eisekonsultant gebel en emails gestuur maar sy het skynbaar van die aarde verdwyn en elke keer word daar gesê sy sal my ****ak maar sy beantwoord nie my oproepe of emails nie. Ek het in my laaste email selfs die CEO van Virseker ook ingecopy maar steeds geen respons. Ek weet nie wanneer my kar sal kan ingaan vir herstelwerk nie en Virseker reageer eenvoudig nie op my navrae nie. So wat staan my te doen? Dit is 'n kritiek vir my om 'n voertuig te hê. Ek gaan nou maar by die ombudsman aanklop en hoop ek sal gehelp kan word. Ek sit met my hande in my hare.

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply03 Jun 2023, 08:39
Official
Goeie dag Amelia Roets

Ons is teleurgesteld om van u dienservaring te hoor. Stuur asseblief vir ons 'n privaat boodskap met u ****aknommer en u polis óf I.D. nommer sodat ons die regte span kan kry om met u in ****ak te wees.

Vriendelike groete,

Die Virseker span

Virseker
Virseker's reply03 Jun 2023, 09:06
Official
Goeie dag Amelia. Ons het u inlugting opge****r. Ons het u klagte verwys na die korrekte afdeling en sal reel dat u ge****ak word so gou as moontlik. ^KH
AR
Amelia R's update03 Jun 2023, 10:57
Reviewer Update
Waarheen moet ek die boodskap stuur?