Kar Inhoud gesteel

Ek is bitter teleurgesteld in Virseker! My kar se bedrading het uitgebrand en hulle het die kar kom insleep, die eis is twee keer foutief gelaai en skielik het ek amper 'n R5000 bybetaling waar daar oor die foon vir my gese is my bybetaling sal nooit meer as R2000 wees nie. Hulle sou die band opname gaan luister het maar kon dit toe nie op****r nie. Na 'n bakleiery het ek uiteindelik my kar terug gekry net om uit te vind daar is hoeveel goed uit my kar gesteel en my kar lyk soos 'n vark hok! Papiere is uit geruk en orals verstroei en selfs my kind se vitamienes is uit die botteltjie gesteel en net die lee botteltjie gelos! Die kar moes in so haas ingesleep word dat die ou nie eers die vorm behoorlik kon voltooi nie, ek is net een keer deur die hele proses deur 'n afrikaanse konsult gehelp en toe ek rapporteer daar is goed uit my kar gesteel word daar vir my gese ek moet 'n eis in sit vir die skade??? Dis nou al amper 'n week en hulle het nogsteeds nie terug gekom na my toe nie! Baie baie swak Sal hulle nooit aanbeveel nie

Ek mail of bel elke dag maar hulle kom net nie terug nie, nie eers op Facebook nie

Die konsultant wat dit moes hanteer - Rakeeba ignoreer mens net:

Middag Rakeeba

Hiermee die lys van goedere uit my kar gesteel toe julle hom ingesleep het:
- Karlien van Jaarsveld CD
- Afrikaans is Groot Vol 8 CD
- Watershed CD
- +- R100 se note asook kleingeld
- USB/ MP3 player
- Iphone earphones
- Gummy Vites
- Alle sweeties in my kar is uit die houers gesteel en net lee houers so gelos

Al die papiere is ook uit my cabbihole uitgehaal en oopgemaak en oor die kar verstroei, my kar lyk soos 'n asblik. Daar is ook met my kar rond gery want ek het hom maandag volgemaak en gereset en daar is 30km op toe ek hom terug kry.

Ek wil graag weet wat Virseker beplan om aan die saak te doen want ek gaan nie 'n eis in sit en teen my naam laat tel omdat daar diewe in julle diens is nie.

Laat weet asb spoedig moontlik

Ons erken ontvang van jou klagte.
Soos met Dorothy bespreek, die allegasies soos hierbo uiteengesit is baie ernstig en ons tans besig om die saak te ondersoek gesaamentlik met die insleepdiens.
Ons sal vir jou spoedig voorsien van terugvoering.
Groete
Die Virseker Span.
Ons erken ontvang van jou klagte.
Soos met Dorothy bespreek, die allegasies soos hierbo uiteengesit is baie ernstig en ons tans besig om die saak te ondersoek gesaamentlik met die insleepdiens.
Ons sal vir jou spoedig voorsien van terugvoering.
Groete
Die Virseker Span.