1 reviews | Active since Jul 2020
is virseker die regte besluit?
Ek sukkel nou vir 3 weke om met virseker te praat. Op hul webwerf adverteer hulle dat hul sal terug bel. Los net jou nommer. Ek het al vele kere so gedoen. Ek het self gebel, maar of hul lyne is besig of die sein gaan nie deur nie. Hul webwerf werk nie. Jy kan al die inligting laai soos gevra tot aan die einde. Daarna moet die inligting op die systeem gelaai word. Dit laai tot in forever. Dan is daar weer n probleem met die web werf en jy moet alles WEER van vooraf oplaai. Na die 2de keer raak n mens gatvol. Dan bel die agent jou. Hul gee hulle persoonlike e pos adres. Laai weer al die inligting daarop. Dan na n week weer op die web werf te gaan en te kyk of alles nou korrek is, maar dan net weer eens wys die webwerf dat die inligting benodig word en dat as jy nie die inligting verskaf nie dat die polis meer sal wees of dat die polis kan verval. Was dit regtig die regte besluit om virseker te hê. Wie anders is beter? Dink sterk daaraan om oor te beweeg na iemand anders.
Ons is baie bekommerd om hiervan te hoor en ons vra onverskoning .
Ons neem ontvangs van u klagte en ons reel dat u so spoedig as moontlik ge****ak word .
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
Ons is baie bekommerd om hiervan te hoor en ons vra onverskoning .
Ons neem ontvangs van u klagte en ons reel dat u so spoedig as moontlik ge****ak word .
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
