MM
Mervin M

1 reviews | Active since Sept 2022

08 Sept 2023, 09:48

Interaksie met Verkenner personneel

Dit is baie aangenaam om.met Verkenner se personneel te verkeer. Geen bitsige woorde, geen onduidelike stellings, geen snedige opmerkings wanneer oets nie goed begryp word nie. Dit mag eenvoudig voorkom wat hierbo genoem is maar glo my vry dat wanneer iemand met bertroue kan kommunikeer met 'n konsultant soos in my geval, maak dit jou dag en ongeag van die uit**** van die onderhandelinge, is jy in 'n baie beter gemoedstemming wanneer konsultante jou met respek behandel en jou laat voel dat jy belangrik is; dit is wat Verkenner tot die tafel bring. En al is my premie bietjie hoog, sal ek omhalwe u puik diens en menslikheid, geensins verander nie. Dit is hoe kliënte behandel moet word, soos eerbare mense en Verkenner doen dit heeltemal goed. Doe zo voort, Verkenner!

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply08 Sept 2023, 09:51
Official
Goeie dag Mervin 
 
Dis altyd wonderlik om positiewe terugvoering te ontvang. 
 
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om jou diens ervaring met ons te deel.
 
  
Vriendelike Groete
Die Virseker Span