WVDM
WICUS VAN DER MERWE

1 reviews | Active since May 2020

10 Feb 2022, 14:22

Hoekom ek my Virseker polis in afrikaans gekanselleer het en nie trots kan wees op 'n afrikaanse maatskappy nie

Ek skryf hierdie resensie graag in afrikaans, aangesien afrikaans sprekende persone van my ondervinding in kennis gestel moet word.

Gedurende Desember 2021 ontvang ek 'n sms vanaf Virseker wie voorstel dat ek 'n dubbel premie betaal, aangesien hul "bewus" is dat die fees seisoen betaling aan sekere instansies kan bemoeilik.

Ek het die sms geïgnoreer, aangesien ek my maandelikse premie sal betaal.

Op 31 Desember 2021 word nie net 'n dubbel premie van my rekening afgetrek nie, maar meer as dubbel 2 maande se versekeringspremies.

Op 1 Februarie 2022 poog Virseker om weer 'n premie te neem - hierdie keer vir nog 'n heelwat groter bedrag as my premie.

Die debietorder gaan nie deur nie, aangesien ek 'n rekening het vir net debietorders en vir spesifieke bedrae.

Op 4 Februarie 2022 rig ek 4 eposse (sien hieronder) aan Virseker asook aan Pierre Blom, persoon wie aan my die polis verkoop het en verder onderneem het om as makelaar my met enige aangeleentheid by te staan en bevestig ek dat niemand my aangaande die eposse geantwoord het nie.

Inteendeel het ek 'n oproep van 'n ene Lindel? ontvang wie my meedeel my Februarie 2022 betaling is nie ontvang nie.

Ek vestig (of poog) om sy aandag te vetsig op my 4 eposse waarop ek nog geen antwoord ontvang het nie en terwyl ek in gesprek met hom was het hy die oproep net gestaak en die foon neergesit.

Ek moet meld dat dit my meer as 1 jaar geneem het om my nuwe huisadres se besonderhede by Virseker te verander.

Hieronder een van my eposse aan Virseker soos na verwys:

"Iemand moet my baie bitter vinnig skriftelik antwoord.

Dit neem my maande om net my woonadres te verander by julle.

Ek verander ook my eposadres en ontvang ek steeds korrespondensie na my ou eposadres?

Dan: - • Op 1 Desember 2021 betaal ek per debietorder R312.00 – dit is my premie; • Op 31 Desember 2021, sonder toestemming neem Virseker R648.54: o Sonder toestemming! o Dit is meer as die maandelikse premie (R648.54 / 2 = R324.27) – Premie is R312.00. o Dus, behalwe te veel betaal, is ek verseker vir Januarie 2022 en Februarie 2022, indien ek vooruitbetaal;  Indien ek terugwerkend betaal is die volgende betaling eers 1 Maart 2022; o Ons gebruik die rekening slegs vir debietorders en agv die dubbele aftrekking gedurende Desember 2021, het ‘n ander debietorder nie deurgegaan nie! o Virseker veroorsaak dat ons kredietprofiel skade ly! • 1 Februarie 2022 poog Virseker om nog ‘n betaling te neem! o Vir die bedrag van R498.62;  Waarvoor is die bedrag?  Dit is nie my premie nie! o Die debietorder sal nie deurgaan nie, aangesien ons slegs die fondse inbetaal vir geldige aftrekkings; o Virseker veroorsaak dat volgens die optrede insufficient funds op ons rekening verskyn! Ek gaan hierdie verseker eskaleer – hou maar HelloPeter ook dop! Ek is verseker by julle tot en met 28 Februarie 2022 en duld nie dat ek skriftelik gedreig word dat ek nie meer verseker is nie. Die skrywe word aan my versend vanaf ‘n eposadres waarop ek nie kan antwoord nie – ***. Hiermee kanselleer ek ook my verskering vanaf 1 Maart 2022.

Groete.

Tot op datum het ek geen reaksie of korrespondensie vanaf Virseker of my "makelaar" ontvang nie.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply10 Feb 2022, 18:21
Official
Hi Wicus, 

Ons erken ontvangs van jou klagte. 

Een van ons diensverteenwoordigers sal jou terug s***el om jou klagte breedvoerig met jou te bespreek. 

Vriendelike Groete, 
Die Virseker Span.