EW
Esther W

1 reviews | Active since Apr 2009

06 Dec 2019, 11:15

Georganiseerde roof van Afrikaners deur trotse Afrikaners - skaamteloos en gewetenloos.

Bly weg. Ver ver weg. Met hierdie mense het ek nog net moeilikheid gehad. Onophoudelike voordurende probleme om net my polisinligting op datum te hou. Die "goeie kristin Afrikanermodel" van diens aan die veragterde en verdrukte Afrikaner deur eg en trotse Afrikaners. Ja ons gaan jou 'n gatsakbonus betaal. Eendag. Intussen beroof ons jou van vier tot vyf keer jou gatsakbonus in daardie vyf jaar. Intussen betaal jy R693.93 per maand meer op jou polis van R19423.14 want een van die oudste en betroubaarste firmas in Suid-Afrika kan jou dieselfde dekking bied met minder bybetalings en meer verskansing teen slegs R1249.21.

Maar indien jy nie daarvan hou om R693.93 of 55% MEER te betaal per maand vir jou polis as wat jy eintlik moet nie, terloops in ruil vir veel swakker diens, dan help ons jou nog verder verarm op 'n trots en eg Afrikaanse manier. Ons sit dan jou premie vir jou nog 25% op en dan kan jy nou maar R 2,313.71 per maand betaal. So nou betaaal jy R1064.50 per maand ekstra sodat ons kan vetter en blinker word.

Dus. In 'n raps meer as 'n jaar spaar jy jou gatsakbonus vir jouself. En as jy daardie geld belê vir jouself, dan het jy in dieselfde tyd as die gatsakbonus se termyn vir jouself R1064.50 X 60 gespaar (rente uitgesluit) - met ander woorde as jy jou eie gatsakbonus opmaak is jou bonus ongeveer R65 000 teenoor die misrabele R17000 wat die trotse eg Afrikaner Virseker van Solidariteit jou bied.

Mooi man. Trots en eg Afrikaans. Hou so aan. Julle is besig om die Afrikaner vinniger en beter te verander as wat die ANC ooit sou kon.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply06 Dec 2019, 11:41
Official
Hi Ester,

Ons erken ontvangs van jou klagte.

Een van ons verteenwoordigers sal met jou ****ak maak on die saak met jou te bespreek.

Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.