JC
Jessica C

1 reviews | Active since Apr 2012

01 Aug 2019, 12:26

Geen komunikasie nie

Ek wil net graag weet hoe lank dit vat om n regestrasie nommer van n kar reg temaak aan julle kant en nuwe papiere deur testuur.

Ek het laas week Fri, 26 Jul 2019 at 10:15 julle laat weet dat die registrasie nommer verkeerd is steeds niemand het terug gekom na my toe nie. Gister 31/07/2019 het ek julle gebel en die persoon met wie ek gepraat het, het gese julle sit al 2 dae met probleme met die epos julle probeer op vang.

Alles goed en wel maar ek het nie 2dae terug vir julle dit gestuur nie ek het dit al die 26/07/2019 vir julle gestuur. Die persoon het ook laat weet dat hy die registrasie nommer sal reg maak en onmiddelik vir my die nuwe vorms met die regte registrasie nommer sal stuur. My kar moes gegaan het vir inspeksie en tot nou toe het niemand van julle terug gekom na my toe nie en ook nie die nuwe vorms vir my gestuur nie.

Virseker nommer: ***

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply01 Aug 2019, 13:12
Official
Ons erken ontvangs van jou klagte. 

Soos met ons verteenwoordiger bespreek bevestig ons dat die voertuig se registrasie nommer korrek reflekteer op ons stelsel. Nadat die regte nommer gelaai is op die stelsel het ons ook n nuwe polis dokument uitgereik, maar kan wel bevestig dat daar n vertraging aan ons kan is, jammer daaroor. 

Die polis dokument sal jou binne kort bereik en ons vra om verskoning vir die ongerief. 
Vriendelike Groete, 
Die Virseker Span. 

JC
Jessica C's update01 Aug 2019, 13:18
Reviewer Update
Goeie dag,

Baie dankie Dorris vir jou vriendelikheid en jou hulp ek waardeer dit op reg.

Groete,
Jessica
Virseker
Virseker's reply01 Aug 2019, 13:24
Official
Jy is meer as welkom Jessica, net n plesier. 

Lekker dag. 
Dorothy