1 reviews | Active since Sept 2016

18 Oct 2018, 10:41

Geen diens

Ek het verskering uitgeneem by Virseker op die 13de Augustus met die hoop dat ek beter diens gaan ontvang. Dit is by die venster uit. Toe ek my polis ontvang en ek daardeur lees het ek gesien die "claim history" op die laaste bladsy is verkeerd. Ek het verskeie kere ges***el en e-posse gestuur om dit te probeer uitsorteer maar daar word net die heeltyd gese daar word daarna gekyk en dit sal uitsorteer word en ek sal ges***el word om te bevestig dat die dokument opgedateer is. 2 MAANDE later en ek wag nogsteeds en my polis is nogsteeds nie opdateer nie. As dit die diens is wat deur 'n spesifiek Afrikaanse maatskappy gebied word aan Afrikaanse kliente, het ek nie veel hoop vir ons taal nie en moet ek dalk by wie ek verseker heroorweeg.

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply18 Oct 2018, 10:51
Official

Ons neem kennis van jou klagte.

Ons sal jou s***el om jou saak te bespreek.

Groete

Die Virseker Span.

Virseker
Virseker's reply18 Oct 2018, 11:09
Official

Terugvoer:

Ons bevestig dat ons wel n sisteem fout het, maar dat dit alreeds reg gestel kon word van ons kant af. Ons is skuldig dat ons jou nie voorsien het van terugvoer nie en vra jou om verskoning hiervoor.

Ons gee aandag aan die probleem sodat ons die klagte so spoedig as moontlik kan opklaar.

Groete,
Die Virseker Span.

Virseker
Virseker's reply25 Oct 2018, 09:11
Official

Terugvoer:

Ons bevestig dat die klagte afgehandel is.

Groete,

Die Virseker Span.