WB
Wallie B

1 reviews | Active since Nov 2024

14 May 2025, 14:26

Gebrek aan terugvoer en onbehoorlike hantering van voertuig-eis

Ek is uitermate teleurgesteld in die wyse waarop Virseker my voertuig-eis ná 'n ongeluk op 11 April 2025 hanteer het.

Op 7 Mei 2025 het ek telefonies met Chantelle van Virseker ges***el om op te volg oor die feit dat daar geen terugvoer was oor die kwotasie van RSI Autobody nie – 'n werkswinkel wat deur die versekering goedgekeur is en waarheen ek my VW Polo geneem het vir skadebepaling. RSI Autobody het reeds op 25 April 2025 'n volledige kwotasie en ondersteunende foto's aan die versekering voorsien. Volgens die versekering sou ek teen 29 April terugvoer ontvang.

Tot my verbasing het ek op 30 April 2025 'n e-pos ontvang wat aandui dat die eis “afgehandel” is – ten spyte daarvan dat geen herstelwerk plaasgevind het nie. Vervolgens is ek deur 'n ander paneelklopper ge****ak vir herstelwerk, terwyl my voertuig steeds by RSI gestaan het.

Op 6 Mei 2025 het RSI self navraag gedoen en is meegedeel dat die eis afgehandel is – weer eens sonder enige verduideliking of oorweging van hul kwotasie.

Ek het daarna drie opvolg-e-posse aan Chantelle gestuur – op 8, 9 en 13 Mei 2025 – waarin ek nie net op terugvoer aangedring het nie, maar ook duidelik versoek het vir die verlenging van die huurmotor, wat deel van my polis is. Die huurmotor is oorspronklik op 16 April 2025 voorsien, met 'n einde-tyd van 16 Mei 2025. Aangesien die eis nie afgehandel is nie en ek steeds nie vervoer het nie, is dit redelik dat die huurmotor met minstens 25 dae ná finale afhandeling van die eis verleng word.

Ek het géén reaksie op enige van my opvolgkommunikasie ontvang nie – nie op die oproep nie, en ook nie op drie opeenvolgende e-posse nie. Hierdie gebrek aan dienslewering en kommunikasie is onprofessioneel en totaal onaanvaarbaar.

Ek eis dat Virseker:

1. Die kwotasie van RSI Autobody onmiddellik in ag neem en die herstelproses formeel begin;

2. Die foutiewe afsluiting van die eis regstel;

3. Skriftelike bevestiging gee dat die huurmotor verleng sal word ooreenkomstig my versoek;

4. ‘n Volledige verduideliking verskaf oor die hantering van my eis tot dusver.

Indien daar nie onmiddellik gereageer word nie, sal ek genoodsaak wees om die saak verder te eskaleer, insluitend by toepaslike regulatoriese instansies.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply14 May 2025, 14:28
Official
 
Goeie dag 
 Ons erken ontvangs van jou klagte en vra om verskoning vir enige ongerief wat aan jou veroorsaak is. 
Ons span sal met jou in ****ak wees om jou bekommernisse te bespreek en hierdie saak sal so gou moontlik na die betrokke departement geëskaleer word. 
Groete,
Die Virseker Span