SD
Susan D

1 reviews | Active since Nov 2016

04 Nov 2016, 15:46

Gatvol!!!

Ek het in September 2016 Virseker genader vir n kwotasie tov korttermyn.

Dit was nie die moeite werd vir my gewees om te skuif vanaf my huidige versekeraar na Virseker nie.

Nadat ek gevra het vir SLEGS n kwotasie is daar sommer polisse geskep in my naam.

Ek het dit natuurlik dadelik gekanselleer en die persoon wie ge-assisteer het met die kansellasie het met my bevestig dat geen premie verhaal sal word op 30 Oktober 2016 nie.

Wel, dit was toe glad nie die geval nie. Daar is n Debietorder af by my bank met n bedrag van R17.54. Ek weet dit is glad nie baie geld nie, maar ek het Virseker dadelik ge****ak en wil weet wat aangaan, hoekom verhaal hulle kostes van my dmv n Debietorder nadat my polisse gekanselleer is. Die persoon wat my gehelp het het aan my gese dat daar reflekteer geen Debietorders op hulle stelsel nie, so hulle het geen geld by my verhaal nie. Hoe meer ek verduidelik ek sit met die bank bewys voor my, hoe meer word daar met my gestry dat hulle geen geld by gevat het nie. HOE IS DIT MOONTLIK????????????????

Wat as dit n groter bedrag was, sou hulle dan ook gesê het, hulle stelsel wys niks. En ja, soos altyd, niemand kan my verder assisteer nie, ek moet nou maar net verlief neem dat my geld gevat word vanaf Virseker en niemand kan vir my sê hoekom nie.

Pateties, swak verby.....

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply04 Nov 2016, 16:01
Official

Ons neem kennis van jou klagte.

Soos met Dorothy bespreek, ons sal die nodige ondersoek instel en jou terug s***el met die uitkoms van die ondersoek.

Dankie dat jy verstaan, en ons vra byvoorbaat om verskoning vir die ongerief.

Groete,
Die Virseker Span.

SD
Susan D's update09 Nov 2016, 12:47
Reviewer Update

Dorothy, baie dankie dat jy die moeite gedoen het om hierdie kwessie te kon uitsorteer, ek waardeer dit baie.

Virseker
Virseker's reply09 Nov 2016, 12:50
Official

Dis n groot plesier Susan, ons se vir jou dankie vir jou positiewe terugvoer.

Geniet die res van jou dag.

Vriendelike groete,

Die Virseker Span.