AS
Ansi S

1 reviews | Active since Apr 2021

12 Sept 2024, 13:55

Gatsakbonus Uitbetaling Vol verskonings

Ek was nog altyd 'n voorstaander van Virseker as 'n geheel. Goeie kliente diens, altyd vriendelik and behulpsaam. Die feit dat daar ook 'n trust is wat so groot verskil maak is net nog meer rede om aan te sluit by hulle. Ek was ook baie beindruk met die gatsakbonus en is een van die hoof redes hoekom ek by julle aangesluit het. So kom my gatsakbonus datum al nader. Ek het Maandag 'n epos ontvang wat aandui dat die geld inbetaal is en ek moet 48 uur gee vir dit om te wys. Dinsdag hoor ek dat daar fout is met my bank besonderhede, daar is blykbaar 'n krediet kaart opgelaai, wat nie reg is nie. Ek het self die bank besonderhede opdateer twee maande terug en daar is reeds 2 premies vanf die gegewe rekening gevat. Nietemin, my besondehede is opdateer Dinsdag en daar is vir my gese dat dit 2 tot 4 werksdae sal neem. Vanoggend bel ek weer om uit te vind, dit gaan nou 5 tot 7 werksdae neem om uit te betaal. Ek het die klagte lyn gebel, hulle sou my al 10 uur terugbel maar kan eers my klagte oor 24 uur aanspreek. So bou die frustrasie op en ek sit met beplande uitgawes wat hierdie gatsakbonus moet dek en ek begin al meer twyfel of dit ooit uitbetaal sal word.

0
Replies (2)
Virseker
Virseker's reply12 Sept 2024, 13:59
Official
Goeie dag Ansi.

Ons neem ontvangs van u klagte en ons reel dat u so spoedig as moontlik ge****ak word.
 
 Vriendelike Groete
Die Virseker Span 
AS
Ansi S's update12 Sept 2024, 15:33
Reviewer Update
Sal daar vandag nog ****ak gemaak word? Of binne dieselfde tydraamwerk van 5 tot 7 werksdae?