1 reviews | Active since Nov 2017
Erg Teleursteling!
Het 4 mnde gelede (na9 jaar, waarin ons een eis vir R3000 gehad het by ons vorige Versekeraar) by Virseker aangesluit. Die diens wat ons by hulle ontvang het was onprofessioneel en uiters swak, en het besluit om Virseker te probeer. Twee weke gelede is by ons ingebreek en ons het ons eis by Virseker ingedien. Al die reels en prosedures tot op die letter gevolg. Jy word elke dag belowe dat hulle jou sal terug s***el, maar dit gebeur nooit. S***el jy hulle, hou jy vir ewig aan voordat iemand antwoord. Dan word jy weer belowe hulle is besig met jou eis (net nog bietjie Admin om te doen) en hulle sal jou terug s***el, wat natuurlik nie gebeur nie, en dan begin die hele proses van iemand in die hande probeer kry weer van voor af. Uiteindelik kom ons by 'n dame uit wat klink of sy ons kan help (na meer as'n week) net om te hoor dat hulle net 'n derde van ons eis kan uitbetaal. Ons moet strokies indien vir die goedere waarvoor ons eis! Wie op dees aarde hou vir jare strokies van elke item in sy huis. Heelwat van die items waarvoor ons eis, was geskenke, met ander woorde, wanneer iemand vir jou bv. 'n skootrekenaar as geskenk gee, moet jy vra vir 'n strokie? Dis belaglik en swak maniere! Ons het ons items sê naam, maak en "serial" nommers gelys en op ons skootrekenaar geslaas, maar raai wat? Die skootrekenaar is een van die items wat gesteel is. Vra toe vir die dametjie of die rede nie dalk is omdat ons nou maar eers vier maande by hulle is nie? Natuurlik nie, antwoord sy, maar sê in dieselfde asem vir ons dat ons moet besef dat ons nou maar eers 'n paar maande sê paaiemente betaal het, en dat hulle bereid is om amper vier keer die waarde van ons paar paaiemente uit te betaal. So asof ons bitterlik dankbaar moet wees ons kry ten minste iets! Nie een van hierdie dinge is aan ons oorgedra met aanvang van ons polis nie! Indien ons bewus was hiervan, sou ons beslis 'n ander Versekeraar gekies het. 'n Inbraak is traumaties genoeg, sonder dat die besigheid wat jy vertrou en veronderstel is om jou belange op die hart te dra, jou teleurstel wanneer jy hulle die nodigste het! Maar ons geld is goed genoeg! Ongekukkig het hulle net nog nie genoeg daarvan ontvang om ons te kan help nie! So much vir Afrikaners wat saamstaan!
Dankie vir jou terugvoer, ons sal binnekort in ****ak wees om die aangeleentheid te bespreek.
Groete,
Die Virseker Span
Dankie vir jou terugvoer, ons sal binnekort in ****ak wees om die aangeleentheid te bespreek.
Groete,
Die Virseker Span
