Aa
Alta alta.els

1 reviews | Active since Dec 2025

04 Dec 2025, 18:43

Ek wil graag vir Charlien du Preez, Polis Dienste Konsultant by Virseker, uitsonder en bedank vir haar hulp met die uitbetaling van my Gatsakbonus

Ek wil graag vir Charlien du Preez, Polis Dienste Konsultant by Virseker, uitsonder en bedank vir haar hulp met die uitbetaling van my Gatsakbonus. Dit moes op 10 Oktober 2025 in my rekening betaal geword het en na vele oproepe en misverstande by Virseker, het ek eindelik op 19 November 2025 by Charlien uitgekom. Sy is die enigste persoon daar wat my dadelik haar epos adres gegee het sodat ek direk kan ****ak. Sy het my gereeld ophoogte gehou van die vordering en aanhoudend terugvoer gegee en was altyd vriendelik, geduldig en behulpsaam. Die geld is eers gisteraand inbetaal, amper 2 maande na die beloofde datum maar omdat Charlien so gereeld ****ak gehou het, kon ek ontspan en weet sy hou die vordering dop. Dankie vir ekstra myl wat jy saamgeloop het, Charlien.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply04 Dec 2025, 18:46
Official
Goeiedag Alta,

Ons is jammer om te hoor van die probleme wat ondervind is en is so bly om te hoor dat u gehelp is. 

Ons waardeer u terugvoer, dankie!

Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.