1 reviews | Active since Nov 2012
Ek was nie betaal om te review nie. Ek praat die waarheid.
Virseker het klomp goeie reviews want hulle betaal virseker mense om dit te doen. Ek was 3 jaar by King Price verseker en het 4 keer van hulle 'Road Side Assistance' gebruik gemaak. Die diens was uitstekend en ek was gou-gou terug op die pad. Ek is nou twee jaar by Virseker - en die eerste keer wat op hulle knoppie druk - VIR PRESIES DIESELFDE PROBLEEM. Ek het 'n PAP wiel en my kar het nie 'n spaarwiel nie. Virseker - Wat 'n nagmerrie. Ek is SO SPYT dat ek weg is by King Price. Toe ek Virseker bel, wag ek lank in 'n tou voor iemand antwoord. En sy kan nie Afrikaans praat nie. Sy sit my deur na iemand wat kastig Afrikaans praat - maar ek word terug gegooi na die eerste ry. Weer wag ek baie lank voor iemand antwoord. Nou praat ek maar Engels - te bang ek word weer terug gegooi. Sy weet glad wat aangaan nie en sit my terug na die begin. Die lang ry. Is dit hoe Virseker 'n NOOD OPROEP hanteer?? Regtig? 'n Halfuur later (en baie duur selfoontyd) het ek steeds nie met iemand gepraat wat my kan help nie. Ek gee moed op. Dan daag First Help tousleep diens op. Hein verseker my dat hy reeds die insleep laat goedkeur het. Daar gaan my kar. Vandag bel ek om uit te vind hoe lank dit gaan vat om die band om te ruil. Chinine de Bruyn sê die kar word eers MORE ge-asesseer! Daarna sal hulle besluit hoe lank ek sonder 'n kar gaan wees! WAT!! Vir 'n pap wiel? Watse *** is dit? Sy sê ek moet met Jenewice van der Haar praat, maar sy is nie op kantoor nie. Geen ander manier om Jenewice in die hande te kry nie. Ek moet maar tevrede wees met niks. Virseker het my kar gesteel - so voel dit vir my. Nou sit ek sonder 'n kar. Waar is die goeie dae, toe ek by King Price was? Sodra ek my kar terug kry, kanselleer ek Virseker, VERSEKER! Maar dit lyk asof dit nog LAAAAAAANNNNK gaan vat. Hulle kan nie 'n pap wiel regmaak nie. Wat 'n teleurstelling! Laaste maar die ERGSTE van alles. By King Price het my versekering goedkoper geword soos my kar ouer word. By Virseker word dit net duurder en duurder. Wat moet 'n mens verduur om Afrikaners te ondersteun?? Nee wat. Hou verby!
Ons neem ontvangs van u klagte .
Ons is baie jammer om hiervan te hoor en ons het u saak na ons relevante span verwys om verdere ondersoek in te stel en met u in ****ak te wees .
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
Ons neem ontvangs van u klagte .
Ons is baie jammer om hiervan te hoor en ons het u saak na ons relevante span verwys om verdere ondersoek in te stel en met u in ****ak te wees .
Vriendelike Groete
Die Virseker Span
